Terug na die begin

"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis"

Hosea 4:6

 

 

HET JY GEWEET ?

 

25 % (‘n kwart) van die wêreld se voëls, soogdiere, reptiele, amfibieë en visse is naby uitsterwing of het reeds uitgesterf

25 % (‘n kwart) van die wêreld se koraalriwwe is reeds dood en die res kan binne 20 jaar vernietig wees

In 1999 was daar ‘n rekord 755 natuurrampe in die wêreld

In 1999 het daar 40 konflikte en oorloë op aarde gewoed

Die huidige geslag is die eerste ooit wat oor wapens van massa vernietiging beskik

- wat almal kan uitwis

Sedert 1970 het die wêreldbevolking verdubbel - in net 30 jaar

Byna 1 miljoen Jode het net sedert 1989 na Israel teruggekeer

Israel is die enigste volk op aarde wat nie self mag besluit watter stad hulle hoofstad is nie

Amerika se openbare skuld staan op $ 5.676 triljoen

Kunstefeeste word elke jaar in die herboude paleis van Nebukadnesar in Babilon gehou

Vanaf 1957 herleef die Romeinse Ryk op merkwaardige wyse

Die United Religions organisasie is in die jaar 2000 gestig op dieselfde grondslag as die Verenigde Nasies

 

AL HIERDIE DINGE IS OPGETEKEN IN DIE BYBEL !

 

BESEF JY VERDER ?

 

+ 30 % van die Bybel bestaan uit profesie

Daar is 318 verwysings na die wederkoms van Christus - net in die Nuwe Testament alleen

Alle Bybelse profesieë word letterlik vervul

God het verklaar daar sal spotters wees in die laaste dae wat sal sê: "Waar is die belofte van sy wederkoms?"

Jesus Christus het gesê: "as Ek gegaan ... het, kom Ek weer"

 

Lees hieroor en nog veel meer in TYD VAN DIE EINDE

Nooit weer sal hierdie wêreld vir jou dieselfde wees nie!

 

 

TYD

VAN

DIE

EINDE

 

 

deur D.J. Erasmus

 

 

 

"Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê."

Mark. 13:23

 

 

Skrifaanhalings kom uit die Bybel in Afrikaans (1953)

en die King James Version (1611)

 

 

  

TYD VAN DIE EINDE

 

 D.J. Erasmus

  

© 2000

 

 

JEREMIA PUBLIKASIES

 

 

Vergunning word verleen vir die gebruik van aanhalings uit die teks indien die inhoud getrou gekwoteer en erkenning aan die bron verleen word

  

ISBN 0 - 620 - 27120 - 5

  

 

DEEL 1

Volg hieronder

DEEL 2

DEEL 3

DEEL 4

 

 

"Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie."

 

Openb. 19:10

 

 

 

  

Uit diepe dankbaarheid teenoor die lewende God vir

 sy verligtende Woord - Jesus Christus

 

 

  

Baie dankie ook aan elkeen wat op een of ander manier ‘n bydrae

 gelewer het om die uitgee van hierdie boek ‘n werklikheid te maak

 

 

 

"aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan."

 

Jer. 23:20

 

  

" ... geeneen van die goddelose mense [hulle sonder God] sal

verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan."

 

Dan. 12:10

 

 

INHOUD

 

VOORWOORD

1 SKITTERENDE LIG VAN DIE

PROFETIESE WOORD !

PROFESIEË OOR DIE MESSIAS SE EERSTE KOMS

DIE VERSTOMMENDE VERHAAL VAN JOSEF

 DIE BYBEL VER VOOR DIE WETENSKAP

2 VERBORGENHEDE NOU GEOPENBAAR

ABSOLUTE UNIEKHEID VAN DIE 20STE EEU

'N KONTROVERSIËLE ONDERWERP

DIE GROOT AFVAL

DIE BEGIN VAN DIE SMARTE

 

  

 

 

VOORWOORD

 

Hier aan die begin van die 21 ste eeu, of van veel meer betekenis - die begin van die derde millennium na Christus, is daar geweldige aanslae wat op die Bybelgelowige Christen gemaak word. Daar is talle wyduiteenlopende sienings van verskillende Bybelwaarhede en baie keer word die gemiddelde kerkganger na alles steeds in die duister gelaat oor wat die waarheid is en of dit enigsins bekombaar is. Dit wil ook voorkom asof almal nie ewe hard na die waarheid soek nie.

As ‘n mens gaan kyk na die beskikbare literatuur wat in Afrikaans bestaan oor ‘n onderwerp soos die ‘eindtyd’ of dan spesifiek die wederkoms van Christus, vind jy dat daar in baie gevalle oppervlakkige navorsing en Bybelstudie oor gedoen is. Sommige meen dit is ‘n totaal onmoontlike saak om enige spesifieke waarhede uit te lig van die tyd kort voor Christus se wederkoms, terwyl ander die Bybelse leerstelling oor die eindtyd afwater asof alle profetiese gedeeltes in die Skrif bloot geestelik of simbolies beoordeel moet word. Byna elke keer egter as iemand hierdie beskouing huldig, kom dit duidelik na vore dat hierdie teoloë of skrywers veral die boek Openbaring grootliks vergeestelik. Dit kom dan daarop neer dat die tydperk van groot verdrukking (Matt. 24:21) nie naastenby so ernstig bejeën word as wat die Skrif te kenne wil gee nie. As ‘n mens dan so ‘n siening het oor die boek Openbaring, dat al daardie dinge al in die verlede plaasgevind het of dat dit in sy geheel bloot simbolies vertolk moet word, is dit te verstane dat die leer oor die eindtyd of dan die eskatologie, nie as van enige besondere belang geag sal word nie.

 

Ons leef in ‘n tyd, meer as ooit tevore, dat die Bybel baie eensydig bestudeer word. Hiermee word bedoel dat die Skrif se absolute gesag, veral vir ons geslag, grootliks misken word. Die Skrif word beskou as baie breed en vaag en as bloot ‘n ‘algemene handleiding’ waarvolgens ons kan leef as ons so sou verkies. Dit is asof spesifieke waarhede uit die Skrif in baie gevalle weggestoot word asof daar nie werklik so iets bestaan nie. Die talle en talle duidelike Bybelse profesieë wat in ons dag in vervulling gaan, word deur baie eenkant toe geskuif asof dit nie so ‘letterlik’ geneem kan word nie of omdat dit dan ‘niks’ te doen het met ons geslag nie.

Hierdie werkswyse kan baie gevaarlik wees. Dit kan ons geslag stroop van ware Bybelkennis en insig oor die tyd waarin ons tans leef. Vandag is daar oneindig keer meer geskrifte vanuit ‘n Christelike perspektief as bv. ‘n eeu gelede. Dit blyk egter, as na die situasie in ons samelewing gekyk word, asof dit weinig impak daarop maak. Is die huidige verklaring van die Woord nie dalk te vaag en te onduidelik nie? Is dit nie dalk heeltemal te breed en te algemeen nie? Praat die Bybel nie dalk baie duideliker met ons as wat op die oog af gereken word nie?

Hierdie is ‘n saak waarop tog ag gegee moet word. Ons geslag sal ook verby gaan en mag God ons help dat ons nie eendag spyt sal wees dat ons die Woord afgewater het tot iets wat bloot van akademiese belang was nie.

Om onder andere hierdie rede word hierdie skrywe aan die begin van die derde millennium aan jou gerig. Dit staan natuurlik elkeen vry om die inhoud daarvan deeglik en biddend met die Bybel byderhand te bestudeer en te ondersoek. Jesus Christus het gesê ons kan "die waarheid ken" en dat dit ons sal "vrymaak" (Joh. 8:32). Hy het ook gesê dat die Heilige Gees ons in "die hele waarheid" sal lei en dat Hy (die Gees van die waarheid) selfs "die toekomstige dinge" aan ons sal "verkondig" (Joh. 16:13) !

 Oktober 2000

 

 

 

 

  

1

 

  

 

SKITTERENDE LIG VAN DIE

 

PROFETIESE WOORD !

 

 

 

 

"En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn,"

(2 Pet. 1:19).

 

"Verag die profesieë nie." (1 Thess. 5:20).

 

 

Watter boek op aarde is daar wat met die Woord van God vergelyk kan word? Watter boek is daar wat die begin van tyd en terselfdertyd ook die einde daarvan verkondig?

Die God van die skepping het die mens wat Hy gemaak het nie in die duister gelaat oor toekomstige gebeure nie. Nee, Hy het ‘n brief aan die mens nagelaat - die Bybel - sy onfeilbare Woord, sodat die mens die plan van sy Maker kan verstaan. Hierdie God verklaar self: "Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;" (Jes. 46:9,10). Dit laat ‘n mens dink, maar is daar konkrete bewyse dat dit wel die geval is?

Onlangs lees ek dat iemand skryf en ernstig waarsku dat ons tog net nie van die Woord ‘God’ moet probeer maak nie. Hy sê die Bybel is maar net ‘n riglyn vir die mens om ‘n goeie en voorbeeldige lewe te ly. Die persoon skryf ook dat hy ‘n Christen is en herhaal dat ‘n mens nie meer van die Woord moet maak as wat ons daarvan behoort te maak nie. Hoeveel moet ons dan nou eintlik van die Bybel maak? Is dit so dat mense verkeerdelik te veel van die Woord van God probeer maak? Het die almagtige God dan nie self verklaar nie: "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God." (Joh. 1:1).

Die apostel Johannes skryf verder in Joh. 1:14 "En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy heerlikheid aanskou," Dieselfde Johannes skryf in Op. 19:13 i.v.m. die wederkoms die volgende oor Hom wat hy gesien het: "En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God." Interessant dat God dan self sê Hy is die Woord.

Die punt is nou net of ons die Woord kan glo en of ons Hom wel altyd kan glo. In Num. 23:19 lees ons "God is geen man dat Hy sou lieg nie; ... Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?" Hier word dit nou duidelik dat ons geloof nodig het. Wat is ware geloof? Kan en moet ons in blinde geloof uitstap en God net eenvoudig glo as Hy iets sê of is daar ook ‘n ander kant van die saak? Is geloof werklik al wat ons nodig het? Baie mense glo mos dat ons maar net moet glo. Dus geloof in geloof en nie noodwendig geloof in die ware God nie. Vir baie het blote geloof al ‘n afgod geword. Die lewende God sê in die Bybel wat se tipe geloof ons moet hê en hoe ons dit kan bekom. In Rom. 10:17 sien ons "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God." Daar is geen ware geloof as dit nie gebaseer is op die Bybel - die Woord van God nie. Die res is blote aannames. Net die Bybel alleen verkondig die einde van die begin af - deur die profetiese Woord. Die feite in hierdie Boek is oor en oor getoets en geverifieer.

In Rom. 10:14 sien ons verder hoe belangrik die prediking is. Dit is die metode wat God uitgekies het om mense tot geloof in Hom en sy Woord te bring. Het jy al ooit ‘n preek oor die profetiese woord gehoor? Dit is nou oor die talle en talle Bybelse profesieë wat al in vervulling gegaan het en nou nog vinniger as ooit tevore in vervulling gaan. Sien, dit is juis hierdie aspek wat oor en oor bewys dat die Bybel die ontwyfelbare en geïnspireerde Woord van God is.

Die waarheid is dat die Woord die ganse geopenbaarde wil van God vir die mens bevat. As Christus self die vleesgeworde Woord is, dan is dit ook verseker so dat die ganse Skrif heenwys na Hom. Al die profesieë in die Bybel is dan ook op een of ander wyse gekoppel aan Jesus Christus. Dit is ook nie vreemd nie, want in Op. 19:10 lees ons "Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie." Geen profesie in die Skrif staan los van Hom wat ook self God is nie. Dit is eintlik baie logies, maar dit word nie in ons dag so aanvaar nie. Baie getuig van nuwe openbaringe en gesigte wat nie in lyn met die Woord is nie. Dit word dan egter voorgehou asof dit ook van God kom. Enige profesie kan gou getoets word aan die volgende toets: Dra dit die getuienis van Jesus Christus? Daarom lees ons ook in Joh. 15:26 die volgende woorde van die Here Jesus: "Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig." Die Heilige Gees getuig altyd van Jesus Christus en nie van Homself of van iemand anders nie.

So vind ons dan dat al die Ou Testamentiese profesieë op een of ander manier heenwys na Jesus se eerste koms na die aarde of na sy tweede koms - die wederkoms. Dit sluit in die voorbereidings daarvoor, die koms self, die optredes van Hom en vele meer.

Hoekom moet ons dus in God en sy Woord glo? Is die Woord werklik onfeilbaar? Kan of moet ons dit neem net soos dit daar staan of mag ons die Skrif sonder meer vergeestelik?

Die Woord self sal hierop die antwoord bring.

 

 

 

PROFESIEË OOR DIE MESSIAS SE EERSTE KOMS

 

 

Ons gaan nou kyk na van die verstommende profesieë wat honderde en selfs duisende jare vooruit gemaak is en wat voorspel het dat ‘n Messias sou kom, dat Hy op ‘n vreemde manier sou sterf en van baie ander gebeurtenisse daarrondom. Dit is hier waar die toets van die Woord kom en wat sou bepaal of God werklik is wie Hy sê Hy is.

In Amos 3:7 lees ons die volgende merkwaardige woorde: "Want die HERE Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie."

God sê altyd aan sy skepsele wat Hy gaan doen voordat Hy oorgaan tot aksie en presies dit doen en sy Woord so in vervulling bring.

Reeds vroeg in die boek Genesis (die bekende hfst. 3:15) lees ons die eerste profesie in die Bybel wat dan gevolg word deur talle en talle verdere profesieë oor die komende Messias.

Die verstommende is dat almal, let wel almal, letterlik in vervulling gegaan het !

Hieronder volg ‘n lys van ongeveer 60 Ou Testamentiese profesieë, in chronologiese orde, oor Jesus Christus se eerste koms na die aarde met sy Nuwe Testamentiese vervulling in kursief :

 

 

DIE MOEDERBELOFTE

  Gen 3 : 15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

 

Gal. 4 : 4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou,

Gal 3 : 16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.

 

 

VERBOND MET ABRAHAM

Gen. 12 : 3 ... in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

 

Gal 3 : 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.

 

 

PAASLAM WYS NA CHRISTUS

  Ex. 12 : 46 In een huis moet dit geëet word; ... en julle mag geen been daarvan breek nie.

 

Joh. 19 : 33 maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.

 

 

MANNA WYS NA CHRISTUS

  Ex. 16 : 4 Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.

Joh. 6 : 51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid.

 

 

CHRISTUS SE PURPERKLEED

Ex. 28 : 31,32 En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak. ... Rondom die opening moet ‘n

soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ’n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.

 

Mark. 15 : 17 Toe lei die soldate Hom weg ... en trek Hom ’n purperkleed aan

Joh. 19 : 23,24 maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk gewewe. En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie,

 

 

DIE STER VAN BETHLEHEM

Num 24 : 17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ’n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ’n septer kom uit Israel op,

 

Matt. 2 : 2 Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.

 

 

JESUS - DIE PROFEET WAT SOU KOM

Deut. 18 : 15,18,19 ‘n PROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister - ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.

En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.

 

Hand. 3 : 22 Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ’n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

 

DIE VLOEK VAN DIE KRUIS

  Deut. 21: 23 want een wat opgehang is, is deur God vervloek.

 

Gal. 3 : 13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word - want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang -

 

 

SAMESWERING TEEN CHRISTUS

Ps. 2:2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde

Hand. 4 : 27,28 Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind.

 

 

GOD DIE HEILIGE GEES HET JESUS VERWEK

Ps. 2:7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.

Matt. 1 : 20,21 want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem,

 

 

CHRISTUS SOU OPSTAAN UIT DIE DOOD

  Ps. 16 : 10 want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.

 

Hand. 2 : 24 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.

 

 

JESUS SE WOORDE AAN DIE KRUIS

Ps. 22 : 2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?

 

Mark. 15 : 34 En die negende uur het Jesus met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

 

 

SPOTTERS RONDOM DIE KRUIS

Ps. 22 : 8-9 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:

Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!

 

Matt. 27 : 39,40 En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud en sê: ... red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis

 

JESUS SE NOOD IN GETSEMANE

  Ps. 22 : 12 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

 

Luk. 22 : 39-44 En Hy het ... gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!

 

 

DORS AAN DIE KRUIS

Ps. 22 : 16 My krag is verdroog soos ’n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte;

 

Joh. 19 : 28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was - sodat die Skrif vervul sou word - het Jesus gesê: Ek het dors!

 

 

KRUISIGING BESKRYF LANK VOOR DIT BEKEND WAS

  Ps. 22 : 17 Want honde het my omsingel; ’n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.

Luk. 23 : 33 EN toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter en een aan die linkerkant.

 

 

JESUS WAS STUKKEND GESLAAN

  Ps. 22 : 18 Al my beendere kan ek tel; hulle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

 

Mark. 15 : 15 en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.

 

 

JESUS SE KLERE IS VERDEEL

  Ps. 22:19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

 

Luk. 23 : 34 En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.

 

 

VALSE GETUIES HET HOM BESKULDIG

  Ps. 27:12 Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan,

 

Matt. 26 : 60 En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie.

 

 

JESUS GEE SY GEES OOR AAN DIE VADER

  Ps. 31 : 6 In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.

 

Luk. 23 : 46 En Jesus het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.

  

SY BENE SOU NIE GEBREEK WORD NIE

  Ps. 34 : 21 Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.

 

Joh. 19:36 Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie.

 

 

JESUS SE ONTSAGLIKE LYDING

  Ps. 38:7-9 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou; want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie. Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.

Heb. 2 : 9 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ’n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

 

 

SY DISSIPELS HET HOM VERLAAT

  Ps. 38:12-14 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;

Luk. 23 : 49 En al sy bekendes het ver weg gestaan;

 

 

SY KRUISIGING IS ONDERDUIMS BEPLAN

  Ps. 38 : 13 en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.

 

Hand. 4 : 26 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.

 

 

JESUS HET GESWYG VOOR SY VALSE BESKULDIGERS

  Ps. 38 : 14 Maar ek is soos ’n dowe: ek hoor nie, en soos ’n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.

 

Luk. 23 : 9 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.

 

 

‘N VERTROUELING SOU HOM VERRAAI

  Ps. 41 : 10 Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.

 

Joh. 13 : 18,26 dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.

. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot,

 

 

HY IS SONDER REDE GEHAAT

  Ps. 69 : 5 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig;

 

Joh. 15 : 25 Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.

 

 

SY EIE BROERS HET HOM VERAG

  Ps. 69 : 9 Vreemd het ek vir my broers geword en ’n onbekende vir die seuns van my moeder.

 

Joh. 1 : 11; 7 : 5 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. ... Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.

 

 

HY SOU DIE TEMPEL REIN HOU

  Ps. 69 : 10 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.

 

Luk. 19 : 45 EN toe Hy in die tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag.

 

 

GAL EN ASYN WAS SY SPYS EN DRANK

  Ps. 69 : 22 En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.

 

Matt. 27 : 34 en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink

 

 

HY SOU GELYKENISSE VERTEL

  Ps. 78 : 2 Ek wil my mond open met ’n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.

 

Matt. 13 : 34,35 en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie; sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.

 

 

HY IS DIE EERSGEBORENE VAN BAIE

  Ps. 89 : 28 Ja, Ék sal hom ’n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.

 

Rom. 8 : 29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

 

 

JUDAS SE AMP DEUR MATTHIAS OORGENEEM

  Ps. 109 : 8 Laat sy dae min wees; laat ’n ander sy amp neem.

 

Hand. 1 : 26 Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.

 

 

JESUS IS DIE HOEKSTEEN

  Ps. 118 : 22 Die steen wat die bouers verwerp het, het ’n hoeksteen geword.

 

1 Pet. 2 : 6 Kyk, Ek lê in Sion ’n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.

 

 

JESUS IS UIT ‘N MAAGD GEBORE

  Jes. 7:14 Daarom sal die HERE self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.

 

Matt. 1 : 18 Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.

Matt. 1 : 22,23 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

 

 

JESUS SE GEBOORTE

  Jes. 9:5 Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors -

Luk. 2 : 11,12 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

 

 

JESUS KOM UIT DIE LYN VAN DAWID

  Jes. 11:1,2 MAAR daar sal ’n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus,

 

Matt. 1 : 1,2,6 DIE geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, ... en Isai die vader van koning Dawid,

 

 

HY HET DIE ARMES REGVERDIG GEOORDEEL

  Jes. 11:4 aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel;

 

Luk. 21 : 3 En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.

 

 

JESUS IS DIE LIG VAN DIE WÊRELD

  Jes. 49 : 6 Ek het U gemaak tot ’n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

 

Joh. 8 : 12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld;

 

 

HY IS MISHANDEL

 

Jes. 50:6 Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.

 

Matt. 27 : 26 Jesus het hy laat gesel

Matt. 26 : 67 Toe het hulle in sy gesig gespuug en Hom met die vuis geslaan

 

 

HY WAS ONHERKENBAAR EN MISVORMD

 

Jes. 52:14 Soos baie hulle oor U verstom het - so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van ’n mensekind nie -

 

Matt. 26 : 68; 27 : 29 en ander het Hom met stokke geslaan ... en hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof

 

 

HY IS VERAG EN WAS ‘N MAN VAN SMARTE

 

Jes. 53 : 2,3 Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, ’n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ’n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

Mark. 9 : 12 hoe staan daar dan van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verag word?

 

 

HY IS TER WILLE VAN ONS GEKRUISIG

 

Jes. 53 : 4,5 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte - dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

 

Rom. 4 : 25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade

1 Pet. 2 : 24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het

Matt. 8 : 17 Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra

 

 

JESUS HET HOMSELF NIE VERWEER NIE

 

Jes. 53 : 6,7 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ’n lam wat na die slagplek gelei word en soos ’n skaap wat stom is voor sy skeerders - ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

 

1 Pet. 2 : 23 wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie

Matt. 26 : 63 Maar Jesus het stilgebly.

 

 

HY IS SONDE VIR ONS GEMAAK

 

Jes. 53 : 8 Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

 

2 Kor. 5 : 21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

 

‘N RYK MAN HET HOM BEGRAWE

 

Jes. 53 : 9 En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ’n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.

 

Matt. 27 : 57,59,60 ‘n ryk man van Arimathea ... met die naam van Josef ... het die liggaam geneem ... en dit in sy nuwe graf gelê

 

 

SY BLOED REGVERDIG EN HEILIG ONS

 

Jes. 53 : 10,11 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; ... deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.

 

Heb. 13 : 12 Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.

 

 

HY HET VIR DIE MISDADIGERS GEBID

 

Jes. 53 : 12 ... omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.

 

Mark. 15 : 28 En Hy is by die misdadigers gereken.

Luk. 23 : 34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

 

 

ISRAEL SOU WEEN OOR HULLE KINDERS

 

Jer. 31 : 15 So sê die HERE: ’n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.

 

 

Matt. 2 : 16 Toe Herodus sien dat hy ... mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring

 

 

JESUS IS DEUR SY EIE VERWERP

 

Dan. 9 : 26a En ná die twee-en-sestig sewetalle sal ’n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom;

 

Joh. 1 : 10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

 

 

JESUS SOU EGIPTE AS KIND BESOEK

 

Hos. 11 : 1 TOE Israel ’n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.

 

Matt. 2 : 14,15 Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. ... sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.

 

 

JESUS SOU IN BETHLEHEM GEBORE WORD

 

Miga 5 : 1 EN jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.

 

Matt. 2 : 1 En toe Jesus te Betlehem in Judea gebore is, ...

 

 

JESUS SOU JERUSALEM BINNERY OP ‘N ESEL

 

Sag. 9 : 9 VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy, nederig en Hy ry op ’n esel - op ’n jong esel, die vul van ’n eselin.

 

Luk. 19 : 30,31,35 en as julle daar inkom, sal julle ‘n eselsvul vind ... waar geen mens ooit op gesit het nie. ... Die Here het hom nodig. ... Toe bring hulle hom na Jesus toe, en hulle lê hul klere op die vul en laat Jesus daarop sit.

 

 

JESUS VERLOËN VIR 30 SILWERSTUKKE

 

Sag. 11 : 12 Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer.

 

Matt. 26 : 15 Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer ? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg.

 

 

JUDAS HET DIE POTTEBAKKER SE GROND GEKOOP

 

Sag. 11:13 Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker - die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi.

 

Matt. 27 : 7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as ‘n begraafplaas vir vreemdelinge.

 

 

JESUS IS MET ‘N SPIES DEURBOOR

 

Sag. 12 : 10 ... en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het,

 

Joh. 19 : 34 Maar een van die soldate het met ‘n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.

 

 

JOHANNES DIE DOPER SOU KOM

 

Mal. 3 : 1 KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.

 

Mark. 1 : 2-4 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak - die stem van een wat roep in die woestyn : Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit ! ... Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop ...

 

DIE FOUTFAKTOR IS NUL - ALTYD NUL !

 

ONS HET MET DIE EWIGE WAARAGTIGE GOD TE DOEN !

 

Hierdie is maar ‘n paar van die meer as 330 profesieë wat vervul is met Jesus se eerste koms na die aarde. Nie een van hierdie profesieë is net geestelik of figuurlik vervul nie, maar elkeen is letterlik vervul soos duidelik gesien kan word.

So is daar 318 profetiese heenwysings, net in die Nuwe Testament, na die wederkoms van Christus - veel meer as na die doop of nagmaal tesame.

As dit nie was vir die letterlike vervulling van die profetiese woord van die Ou Testament nie, sou ons vandag steeds geen Verlosser gehad het nie. God het egter bewys wie Hy is en dat Hy ‘n waarmaker is van sy Woord toe sy Seun Jesus Christus (wat self God is - 1 Joh. 5:20) die hemel verlaat het en as mens na die aarde gekom het. God het hierdeur bewys dat Hy die God van liefde is - die enigste God van liefde!

Dit is wat die Bybel so fundamenteel anders maak as enige ander boek op aarde. Die Skrif is geskiedenis wat vooruit geskryf is. Ja, die Bybel is meer opdatum as oormôre se koerant. Die profetiese woord is die middel wat God gebruik om aan die mensdom te bewys dat Hy waarlik God is. Hy het dit reeds in die Ou Testamentiese tyd met die volk Israel gedoen. Hy het telkens profete na hulle gestuur wat dan sou profeteer oor die toekoms. God het dan self die profesie waar gemaak - sodat Israel kon weet dat Hy die Here is. Geen ander god kan dit doen nie. Daarom moet ons so dringend ag gee op die profetiese woord - elke dag, elke oomblik.

Die Here sê in sy Woord: "Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand" (Jes. 14:24). Niemand kan iets hieraan verander nie. Ons moet by God se volmaakte plan inpas. Hy gaan nie by ons mensgemaakte planne inskakel nie. Alles wat vroeër moes gebeur, het reeds gebeur. Dit wat nog nie plaasgevind het nie, sal verseker in die toekoms gebeur - ook in die nabye toekoms. Ons kan daarvan seker wees. Alle profesieë dui op een of ander manier op Jesus Christus en Hy is God en daarom sal dit alles vervul word.

Jesus Christus is self die vleesgeworde woord en ons enigste behoud. Ons het die Woord in ons midde en elke weergeborene het ook die Heilige Gees in hom of haar. Dit is juis van die Heilige Gees dat Jesus gesê het: "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig." (Joh. 16:13). Ons as kinders van God is dus hoegenaamd nie in die duister gelaat m.b.t. die toekoms nie. Al die profesieë wat geprofeteer is m.b.t die tweede koms van Christus (die wederkoms), sal net so letterlik in vervulling gaan as wat al die vorige profesieë in vervulling gegaan het. As Hy sê dat Hy weer gaan kom, dan bedoel Hy dit met erns. As Hy sê dat ons wel kan weet wanneer die seisoen van sy wederkoms is (Matt. 24:32,33), moet ons daarop ag gee met ons hele hart. Die vraag is nou net of ons die Woord van God ernstig gaan opneem. Wat maak ons vandag met die profetiese woord van die lewende God? Pasop dat jy nie onkant betrap word nie! Mag Hy, as Hy kom, ons vind terwyl ons wakend ingegrawe is in sy onfeilbare Woord.

 

 

 

 

 

 

DIE VERSTOMMENDE VERHAAL VAN JOSEF

 

 

In die Ou Testament vind ons verskeie persone wat baie sterk gedui het op die geprofeteerde Messias, Jesus Christus, wat later sou volg. So is Moses en Joshua bv. sterk tipes van Christus op verskillende maniere. Daar is egter een Ou Testamentiese figuur wat kop en skouers bo al die ander uitstaan as dit kom by die verpersoonliking van die ware Messias wat duisende jare later op aarde gebore sou word. Hierdie man was Josef. In die Skrif is daar ook geen negatiewe dinge oor hom geskryf nie, net soos ook nie van die Redder van die mensdom, Jesus Christus, nie.

In die volgende studie oor die lewe van Josef kyk ons hoe dit onomwonde gedui het op die groter ‘Josef’ - Jesus, wat sou kom.

Josef se lewe was ‘n aangrypende toonbeeld van beide Jesus se eerste koms na die aarde en vandag steeds ‘n verstommende heenwysing na Jesus se wederkoms.

 

 

GEBOORTE VAN JOSEF

 

- Reeds by die geboorte van Josef was dit al duidelik dat hy geen gewone persoon sou wees nie.

Reeds by die geboorte van Christus was dit baie duidelik dat Hy geen gewone Persoon sou wees nie.

 

- Josef se geboorte was in ‘n sin ‘n wondergeboorte, want sy moeder, Ragel, kon geen kinders hê nie. So was die geboorte van Jesus Christus uit en uit ‘n wondergeboorte, want die Heilige Gees het Hom in Maria verwek.

 

- Ragel was verder Jakob (Israel) se liefling vrou. Net so was die volk Israel, God se liefling en uitverkore vrou.

 

Let ook op na die volgende:

 

- Die naam Ragel beteken ‘lam.’ Ragel (die lam) het gesterf met die geboorte van Benjamin, Josef se eie broer. Jesus Christus is die Lam van God wat vir ons gesterf het.

 

- Ragel het gesterf in Efrata. Jesus is gebore in Bethlehem, Efrata (Miga 5:1). Die verse wat hierop volg in Miga 5 dui onmiskenbaar op die vrederyk wat nog kom - vergelyk dit (Jesus se regeringstyd) met die einde van Josef se lewe (later meer hieroor).

 

- Die naam Josef beteken ‘laat hy byvoeg.’

Die naam Jesus beteken ‘Redder’ - die Een wat red en byvoeg. In Hand. 2:47 sien ons dat die Here daagliks by die gemeente byvoeg, "die wat gered is."

 

- In Gen. 37:2 lees ons dat Josef ‘n herder was met ‘n kudde.

In Joh. 10:11 sê Jesus: "Ek is die goeie herder."

 

-Josef se nuwe naam wat hy by die Farao gekry het, beteken ‘openbaarmaker van geheime.’ (Gen. 41:45).

In die boek Openbaring, wat die "openbaring van Jesus Christus" is (Op. 1:1) het Jesus Christus gedikteer aan Johannes d.m.v. ‘n engel, en word daar aan ons geopenbaar dat Jesus ook ‘n nuwe naam gaan kry (Op. 19:12).

 

- Josef se kleed (wat sy vader spesiaal vir hom laat maak het) was in bloed gedoop (Gen. 37:31,32).

Jesus se kleed was ook in bloed gedoop (Jes. 63:1-3; Op. 19:13).

 

- Albei se kleed is ook na hulle vader geneem - Jesus dra dit met sy wederkoms soos bg. verse aandui.

 

- Josef is ‘vir dood’ in ‘n gat (‘n put) in die grond gegooi en het lewendig daaruit gekom (Gen. 37:24).

Jesus Christus is begrawe in ‘n graf en het lewendig daaruit gekom

 

- Josef was in Egipte.

Jesus was ook as kind vir ‘n kort tyd in Egipte.

(Vergelyk Hos. 11:1 en Matt. 2:15).

 

- Josef het die Gees van God in hom gehad (Gen. 41:38).

Die Heilige Gees het soos ‘n duif op Jesus Christus neergedaal (Luk. 3:22).

 

- Josef het ‘n beker gehad wat hy in Benjamin se sak koring laat plaas het. Aanvanklik het dit vir sy broers gelyk of hierdie beker die beker van veroordeling gaan wees. Hulle het eers later verstaan dat dit die beker van verlossing was

(Gen. 44:1,2, 12,13).

Jesus het op ‘n stadium vir sy dissipels gevra: ‘Kan julle drink van die beker wat ek moet drink?’

Jesus moes sy bitter beker op Golgota drink ter wille van ons - dit het eers vir die Jode anders voorgekom, maar uiteindelik was dit die groot beker van verlossing vir elkeen wat in Hom sou glo.

 

- Josef het uitkoms gebring vir God se volk in ‘n sewejarige tyd van verdrukking - die sewe maer jare van Farao se droom (Gen. 41:30).

Jesus sal uitkoms bied vir God se volk - geredde Jode en ander vanuit alle nasies - in ‘n sewejarige tyd van verdrukking. Dit is vir hulle wat in daardie tyd tot bekering sal kom (Op. 7:3-9,14).

 

- Josef het genade aan sy broers betoon eers nadat Juda na vore gekom het en hulle sonde bely het (Gen. 44:14 en verder).

Jesus sal genade aan die mensdom kom bewys eers nadat die oorblyfsel van die Jode hulle sonde voor Hom bely het (Sag. 12:10, Sag. 13:9). Hierdie geleentheid sal plaasvind aan die einde van die sewejarige verdrukking met Jesus se wederkoms, wanneer sy voete op die Olyfberg sal rus.

 

- Die boek Genesis begin met die val van die eerste Adam.

Die boek Genesis eindig met groot hoop oor die lewe van Josef, ‘n tipe van die tweede Adam - Jesus Christus (Rom. 5:14; 1 Kor. 15:45).

 

 

 

Kyk nou verder, in meer detail, na die verstommende verhaal van Josef: tipe van Christus.

 

Die Lydende Messias, was geken as die ‘seun van Josef’ oftewel ‘HaMashiach Ben Yosef’ soos dit in Hebreeus genoem word. En die Ere Koning was geken as die seun van Dawid - ‘HaMashiach Ben Dawid’. Vir Jesus van Nasaret, om die Messias te wees, moes Hy ál die profesieë vervul. Jesus het egter duidelik nie al hierdie profesieë met sy eerste koms vervul nie. Hy het net die profesieë vervul met betrekking tot die seun van Josef, die Dienskneg. Met ander woorde dit is een Messias met twee verskynings! Eerstens het Hy gekom as die seun van Josef, en as Dienskneg het Hy gely. In die tweede koms sal Hy waarlik kom as Christus, die seun van Dawid - al het talle Hom as sodanig herken en genoem met sy eerste koms. Eers met sy tweede koms sal Hy, as die Ere Koning, in die Vrederyk regeer.

Hierdie kan natuurlik baie kontroversieël vir sommige wees, maar om alles nugter en met ‘n oop gemoed te beskou, is die Bybelse weg. Om hierdie inligting aan die Skrif te gaan toets, is nog meer belangrik.

 

DIE A-MILLENNIUM EN POST-MILLENNIUM BESKOUINGS

 

Hierdie beskouings van die profetiese woord was die breinkind van die Rooms-Katolieke Kerk wat gevolg het op die dwaling van Konstantyn en Augustinus met die tyd toe die Christendom 'n godsdiens van die staat geword het. Hierdie versimbolisering of vergeesteliking kan nie Bybels verantwoord word nie.

Volgens die oorspronklike Joodse siening van die Ou Testament, is net 'n premillennium standpunt aanvaarbaar. As daar nie 'n Millennium is nie, dan is Christus nie die Messias nie! Verder, as Christus nie die Messias vir die Jode is nie, dan is Hy ook nie die Christus van die Kerk nie. Christus moet al die Ou Testamentiese profesieë vervul.

(In ons dag is daar egter talle teoloë en ook ander wat niks te doen wil hê met enigiets wat ‘n Joodse konnotasie het nie. Hulle meen die Jode is ‘n finaal vervloekte volk en dat dit eintlik sonde is om enigsins hulle standpunte in die verklaring van die Bybel te gebruik - selfs die van Christen Jode. Is dit dan nie juis ironies dat hierdie selfde mense tog wel die Bybel as hulle rigsnoer beskou nie - ‘n boek wat uit en uit deur Jode geskryf is en ook vanuit ‘n Joodse perspektief. Jesus Christus was ook self ‘n Jood ! In Op. 21:12 lees ons dat selfs in die nuwe Jerusalem sal die 12 poorte van die Godstad die name van die 12 stamme van Israel dra - tot in ewigheid. Natuurlik moet hulle tot bekering kom net soos enigiemand anders en Christus aanvaar as hulle Verlosser, maar is God regtig vir ewig klaar met die Joodse volk?).

 

DIE HERSTEL VAN DIE KONINKRYK

 

Wat die Apostels eintlik bedoel het by die vraag: "Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk van Israel weer oprig?" (Hand. 1:6) was: ‘Ons weet dat U die seun van Josef is, maar wanneer gaan U in werklikheid die seun van Dawid wees?’ ‘Wanneer gaan U die Koninkryk herstel soos wat Dawid gedoen het?’ Johannes die Doper kon hierdie dinge ook nie verstaan nie, en stuur toe twee van sy dissipels om vir Christus te vra: "Is U die een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?" (Luk. 7:19).

Ook het die Apostels, ná die opstanding, op die Olyfberg met die hemelvaart, nie verstaan dat daar Een Messias, maar twee verskynings sal wees nie. M.a.w. Christus sal vir 'n tweede keer na ons toe kom!

In ons dag is daar selfs groot getalle kerkgangers wat steeds nie werklik besef wat 2000 jaar gelede op Golgota gebeur het nie. Hoeveel minder is daar dan nie wat glo dat hierdie Christus weer gaan kom nie?

 

 

JESUS, DIE SEUN VAN JOSEF

 

Israel het Josef sy geliefde seun meer liefgehad as enige van sy ander seuns (Gen. 37:3).

"En daar kom 'n Stem uit die hemele wat sê: "Dit is My geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het" (Matt. 3:17) Die Messias, die seun van Josef was ook die geliefde Seun van Sy Vader.

 

 

GEMEENSKAP EN DIENS

 

Toe sê hy (Jakob) vir hom (Josef): "Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en ... berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom." (Gen. 37:14). Josef het in Hebron gewoon wat in Hebreeus beteken ‘Die plek van gemeenskap of broederskap.’ Josef het saam met sy vader in 'n plek van gemeenskap gewoon en is deur sy vader gestuur om na die welstand van sy broers te verneem.

"Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk te word"

(Fil. 2:5-7).

"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." (Joh. 3:16). Jesus het saam met Sy Vader in 'n plek van gemeenskap gewoon en is deur Sy Vader gestuur om na die welstand van Sy broers te verneem.

Josef se broers het gesondig en Josef bring hierdie slegte tyding aan sy vader. (Gen. 37:2).

Hierdie gerug van Josef aan sy vader veroorsaak dat sy broers hom haat.

"As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle." (Joh. 15:18-19).

Jesus getuig van die sondes van Sy broers, en hulle het Hom gehaat. En hulle het Hom al hoe meer gehaat. Josef het 'n droom gehad en toe hy dit aan sy broers vertel, het hulle hom meer gehaat (Gen. 37:5). Josef openbaar aan sy broers hoedat hy 'n verhoogde status sal ontvang. Hulle het hom alreeds gehaat omrede hy hulle sondes geopenbaar het, maar nou het hulle hom verag.

"En dan sal die teken van die Seun van die mens aan die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid." (Matt. 24:30). "Toe probeer die owerpriesters en skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulleself uitgespreek het." (Luk. 20:19).

Jesus openbaar aan Sy broers die status van glorie wat Hy sal ontvang, en Sy broers het Hom gehaat. Josef het aan sy broers vertel dat hy eendag sal regeer: "Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig." (Gen. 37:7).

"Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel." (Matt. 26:64). Josef sê dat hy eendag sal regeer, en Jesus vertel dat Hy eendag sal regeer.

 

 

VERWERP EN VEROORDEEL

 

"En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak." (Gen. 37:18).

"Ons wil nie hê dat hierdie man die koning oor ons moet wees nie." (Luk. 19:14).

Die a-millennium denke leer dat Christus nie op die aarde sal regeer nie. Die pre-millennium denke leer dat Christus se duisend jaar regering sal begin wanneer Hy terugkeer.

Die post-millennium denke leer dat Christus se tweede koms eers na die Millennium sal wees.

"Maar hulle het aangehou roep en gesê: Kruisig, kruisig Hom!"

(Luk. 23:21). Josef en Jesus was albei verwerp en veroordeel om te sterf.

"En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan!" (Gen. 37:19)

"Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne." (Mark. 2:21). Josef was deur sy broers beskuldig dat hy 'n dromer is - buite sy sinne, en hulle sê van Christus, die Messias, die seun van Josef, dat Hy buite sy sinne is.

"Toe sê Juda vir sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg? Kom, dat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister. En toe die Medianitiese koopmans verby kom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer." (Gen. 37:26-28). Juda verraai Josef en verkoop hom vir twintig silwerstukke.

"Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskariot, na die owerpriesters en sê: Wat wil u vir my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg." (Matt. 26:14-15).

(Juda en Judas is dieselfde in Hebreeus). Juda verloën Josef vir twintig stukke silwer, en Judas verloën Jesus vir dertig stukke silwer.

"En so het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee." (Gen. 39:4). Alles wat Josef gedoen het, het hy gedoen as 'n dienskneg, en alles wat Koning Jesus gedoen het, het Hy gedoen as 'n dienskneg.

(Luk. 22:25-27/Fil. 2:7).

"En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën terwille van Josef." (Gen. 39:5).

"Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees."

(Jes. 53:10).

Die HERE sal ook alles seën wat Jesus, die seun van Josef doen.

 

 

 

VERSOEKING

 

"Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het geweier en aan die vrou gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee. Hy is in die huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; Hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?" (Gen. 39:7-9). Josef was tot die uiterste toe versoek, maar het vas gestaan en nie gesondig nie.

"Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel ... Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! Want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien." (Matt. 4:1,10). Die Messias, die seun van Josef, was versoek tot die uiterste toe, maar Hy het dit weerstaan.

 

 

VALSE BESKULDIGINGS

 

"Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het, roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons 'n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu; en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed met my laat agterbly en gevlug en na buite geloop."

(Gen. 39:13-15). Josef was hier valslik beskuldig deur ‘n ontroue vrou.

"En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuies teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie. En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie. Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Daarop staan die owerpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stil gebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God is? Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek." (Matt. 26:59-65). Die Messias, die seun van Josef, was ook valslik beskuldig deur die vals kerk van sy tyd - die ‘ontroue vrou’.

 

 

LEWE EN DOOD GEPROFETEER

 

"Toe sê Josef vir hom [die skinker]: Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae. Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef - jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was." (Gen. 40:12,13).

Toe antwoord Josef die bakker: "Dit is die uitlegging daarvan: die drie mandjies is drie dae. Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef - hy sal jou aan 'n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik."

(Gen. 40:18,19).

Josef profeteer dat een van die kriminele sal lewe en dat een sal sterwe.

"En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook nie God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? - ons tog regverdiglik, want ons tog ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerd gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in die koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees." (Luk. 23:39-43).

Jesus was veroordeel saam met twee kriminele en, soos wat Hy gesê het, het een gelewe en een het gesterwe. Net soos Josef redding belowe het aan die skinker, die veroordeelde man.

Josef was verraai deur sy Joodse broeders en oorgegee in die hande van die Heidene, maar God neem hierdie verraad en draai dit om en maak dit die weg vir Israel en die hele wêreld tot redding, en net so was ons Messias, die seun van Josef, verraai deur Sy Joodse broers en in die hande van die Heidene (die Romeinse regering) oorgegee. Net so het God hierdie gebeure omgedraai en het Christus die Weg tot verlossing geword vir Israel en die hele wêreld.

 

 

VERGEET DEUR DIE WAT HY GEHELP HET

 

"En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet." (Gen. 40:23).

"Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? Was daar niemand onder julle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?" (Luk. 17:17-18). Josef was vergeet deur die wat hy gehelp het, en die seun van Josef, Koning Jesus, was ook vergeet deur die wat Hy gehelp het!

 

 

OPGEHEF TOT GLORIE

 

"Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom. Toe sê Farao vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie. Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter as jy wees."

(Gen. 41:14,39-40).

Josef was uit 'n kerker, 'n plek van dood, uitgehaal en was deur die koning verhef tot 'n posisie van glorie in een dag.

"Gebed vir verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige."

(Efes. 1:18-21). - Dat Hy wat opgevaar het ook eers neergedaal het.

Jesus, die seun van Josef, was verhoog van 'n plek van veroordeling en dood, na 'n plek van heerlikheid - in een dag.

 

 

WONDERBARE RAADSMAN

 

"En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie." (Gen. 41:39).

Josef het getoon dat hy 'n groot raadsman sal wees.

In Jes. 9:5 lees ons: "Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman ... "

En Farao sê vir Josef: "Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland" (Gen. 41:41). Josef word met heerlikheid en eer verhoog, en hy ontvang 'n nuwe naam.

"Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is." (Fil. 2:9). Koning Jesus is verhoog en verheerlik en ontvang ook 'n nuwe Naam.

 

 

BRUID UIT DIE HEIDENNASIES

 

"En Farao het Josef genoem Safénat-Panéag en aan hom Asenat, die dogter van Potifera, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland." (Gen. 41:45).

Nadat Josef verhoog is, neem hy 'n heidense bruid.

"Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam."

(Efes. 5:23).

Koning Jesus, na Sy verheerliking, neem 'n heidense bruid, die beeld van die Kerk - gereddes, grootliks uit die heidene.

Dit is om hierdie rede dat die boek Rut, die storie van 'n Joodse man en 'n heidense bruid, op die Pinkster feeste in die Sinagoges gelees word. Pinkster was natuurlik die ‘geboorte van die Kerk.’ In beide Josef en Jesus se gevalle is die bruide gegee om te deel in die heerlikheid.

 

 

ONGEVEER DERTIG JAAR OUD

 

"En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het."

(Gen. 41:46).

"En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het."

(Luk. 3:23).

Die Seun van Josef was ook dertig jaar oud toe Hy met Sy werk begin het.

 

 

‘NET WAT HY VIR JULLE SÊ MOET JULLE DOEN’

 

"En toe die hele Egipteland honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê."

(Gen. 41:55).

"Sy [Jesus se] moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen." (Joh. 2:5).

 

 

ELKE KNIE SAL BUIG

 

"Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en 'n goue ketting om sy hals gehang en hom laar ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pasop! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel. En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie."

(Gen. 41:42-44). Toe Josef verhoog is, het elke knie voor hom gebuig en het hy al die eer en heerlikheid ontvang.

"Daarom het God hom ook uitermate verhoog en Hom 'n Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elke knie sou buig van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader." (Fil. 2:9-11).

"En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde." (Matt. 28:18).

Jesus Christus, die Seun van Josef, is ook uitermate verhoog.

 

 

DIE BROOD VAN DIE LEWE

 

"En toe die hele Egipte land honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy aan julle sê. En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop, en die hongersnood was swaar in Egipteland. En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, ... "

(Gen. 41:55-57).

"En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie: en wie in My glo, sal nooit dors kry nie."

(Joh. 6:35).

"En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie." (Hand. 4:12).

Die hele wêreld moes hulle brood van Josef ontvang - daar was geen ander manier waardeur die mense gered kon word nie! Daar is ook geen ander manier waardeur ons gered kan word nie, behalwe deur Jesus Christus, die Seun van Josef.

 

 

CHRISTUS HET HOMSELF AAN GEEN MENS TOEVERTROU NIE

 

"En hulle het gaan sit volgens sy bepalings, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan."

(Gen. 43:33). Hoekom? Omdat Josef sy broers se sondige verlede geken het.

"Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is." (Joh. 2:24-25). Jesus, die Messias, is net soos Josef - hy het die lewensgeskiedenis van sy broers geken.

Soos wat ons gelees het in Genesis, herken Josef se broers hom nie by die eerste koms nie.

 

 

HULLE HERKEN HOM DIE TWEEDE KEER

 

Josef kon homself nie beheer voor al die mense wat by hom gestaan het nie, en hy roep uit en stuur hulle weg. Hy was so hartseer dat die Egiptenare en die bediendes van Farao hom hoor huil het, toe sê Josef vir sy broers: "Ek is Josef! Lewe my vader nog!" Maar sy broers kon hom nie antwoord nie want hulle was totaal verskrik in sy teenwoordigheid. Toe sê Josef vir sy broers: "Kom tog nader na my, en toe hulle nader kom sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het." (Gen. 45:1-4). Josef se broers het hom nie by die eerste koms herken nie, maar by die tweede koms.

"Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind." (Sag. 12:10).

Die broers van die Messias (die Joodse volk), het Hom nie by Sy eerste koms herken nie, maar hulle sal by Koning Jesus se tweede koms tot die besef kom dat Hy die Een is teen wie hulle al die onreg gepleeg het. Hulle sal dan verstaan dat Hy die Een is wat tot hulle redding sou kom. Die Een wat gekruisig was, is die Een wat die Verlosser is - die Koning van die konings. Die seun van Josef is ook die seun van Dawid. Die Lydende Dienskneg is ook die Koning wat gaan heers.

Toe Josef se broers hulle sonde voor hom bely, het hy hulle vergewe, en wanneer Jesus se broers, die Joodse volk, belydenis doen, sal Hy hulle vergewe. In die begin het Josef die mense van Egipte, die Heidene, gebruik om brood vir sy broers te gee, maar 'n tyd het gekom toe die Heidene weggestuur was en hy hom aan sy broers bekend gemaak het.

Op die huidige oomblik gebruik die seun van Josef die Heidene, die Christene, om brood aan Sy broers te stuur, die Brood van die Lewe, maar daar gaan 'n tyd kom in die groot verdrukking wanneer die seun van Josef Homself Persoonlik, aan Sy broers gaan openbaar.

 

 

AL DIE MAG EN GESAG AAN DIE KONING

 

Ons lees dat Josef met al die mag wat hy ontvang het alles oorgegee het in die hande van Farao.

(Gen. 47:20).

"Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het."

(1 Kor. 15:24).

Dieselfde sal gebeur met Jesus Christus.

 

 

DIE REDDER

 

"En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van my heer, dan sal ons die dienaars van Farao wees."

(Gen. 47:25). Josef was geken as die redder van die mense.

"Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en die wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Christus Jesus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke."

(Titus 1:11-14).

Die Messias, die seun van Josef, die Here Jesus Christus, word verheerlik en herken as die Redder van die hele mensdom.

Toe Josef vereer was met al die linne klere en juwele van Farao (Gen. 41:42) het hy totaal onherkenbaar geword vir sy Hebreeuse broers (Gen. 42:8).

 

 

EEN MESSIAS, TWEE VERSKYNINGS

 

Josef ontvang 'n nuwe naam by sy verhoging. (Gen. 41:45). Die Heidene gee vir ‘HaMashiach Ben Yosef’ oftewel ‘Josef die Messias’ 'n nuwe Naam - Jesus - ‘n Griekse Naam, nie sy oorspronklike Naam nie.

Diegene wat op Koning Jesus vertrou, Hom wie ons almal deurboor het, en nou ween oor die Enigste Seun, die Seun van God, sal dieselfde seëninge ontvang soos wat Christus se eie broers sal ontvang. Die Messias, die Seun van God (Die Seun van Josef) sal terugkeer as die Messias, die seun van Dawid, en Hy sal die koninkryk van Israel herstel (Jes. 9:6; Luk. 1:32).

Hierdie tyd van seën sal elke oorblywende nasie op aarde se deel word en ook die van elke individu wat sal buig voor ‘n ontsaglike God !

As hierdie jou nie aangryp en vir jou onmiskenbaar wys hoedat die ganse Skrif 100% Goddelik geïnspireer is nie, watter hoop sal daar nog wees?

Is daar nie nou iemand wat voor God wil neersak en uitroep:

‘My Here en my God’ nie ?

 

 

 

 

 

 

DIE BYBEL VER VOOR DIE WETENSKAP

 

 

Dat die Bybel, die Woord van God, die enigste en abslolute bron van ware kennis en waarheid op aarde is, kan nooit betwyfel word nie. Die oorweldigende bewyse wat net in die 20ste eeu alleen na vore gekom het, is meer as genoeg om die grootste skeptikus in sy ongeloof te stuit. In die natuur en dus ook in die wetenskap is daar wel ook absolute wette en waarhede, maar selfs dit word in die Skrif voorveronderstel. God is tog self die Een wat die natuur met al sy wette en die verstommende orde daarin geskep het. Baie glo dat die Bybel geen wetenskaplike insig bevat nie, maar diegene weet eenvoudig nie waarvan hulle praat nie. Hulle (of hulle nou teoloë is of nie) ken dan nie die Skrif nie - nie elke woord nie.

Vervolgens noem ek net ‘n paar van die mees verrassende stukkies inligting uit die Woord wat bewys hoedat die Skrif ver verhewe is bo die wetenskap, tegnologie en al die wysheid van die mensdom tesame. Onthou, hierdie tipe inligting kry jy in geen ander ‘geestelike’ of ‘heilige’ geskrif wat deesdae so maklik en geredelik met die Bybel gelykgestel word nie !

 

 

DIE REËNSIKLUS, PRESIPITASIE EN ELEKTRISITEIT

 

"Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer." (Pred. 1:7).

"[Hom] wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;" (Job 26:8).

"Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ‘n kleed saamgebind?" (Spr. 30:4).

"Dit is Hy wat sy solders in die hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, HERE is sy Naam!" (Amos 9:6).

"As Hy sy stem laat hoor, is daar ‘n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat wind uitgaan uit sy voorraadskure." (Jer. 10:13).

 

God wek self hierdie elektrisiteit op. Die volgende ken ons ook vandag goed - water verdamp uit die oseane, word geberg in wolke, word neergelaat in die vorm van reën, word in die riviere opgeneem en vloei weer na die oseane. Eers in 1630 het Galileo dit verstaan. Hoe is dit moontlik dat die skrywer van die boek Prediker dit meer as 2500 jaar tevore reeds geweet het? Die boek Job is 3500 jaar voor hierdie tyd geskryf !

 

 

DIE WETTE VAN DIE STERRE HEMEL

 

"Kan jy die bande van die Sewester knoop? Of die toue van die Orion losmaak? Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei? Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?"

(Job 38:31-33).

 

Alles in die heelal is deur God in ‘n baie fyn balans geskape en is aan wette onderworpe. Wetenskaplikes leer vandag nog steeds oor hierdie saak. Om te dink daar is soveel detail in hierdie, die oudste boek van die Bybel.

 

LUG HET GEWIG

 

"Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het," (Job 28:25)

 

Hierdie wetenskaplike feit is eers in 1630 deur Galileo ontdek.

 

 

WIND BEWEEG IN ‘N KRINGLOOP

 

"Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug." (Pred. 1:6).

 

Weereens het Galileo dit eers in sy tyd begryp.

 

 

 

WEERLIG KAN BOODSKAPPE DRA

 

"Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!" (Job 38:35).

Telegrafie (die telegram) is nie lank gelede ontdek nie. Is dit dan nie God self wat dit aanvanklik ‘ontdek’ het nie?

 

 

DIE MENS GEMAAK UIT STOF

 

"En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde ..."

(Gen. 2:7).

 

Die November 1982 uitgawe van die Reader’s Digest tydskrif noem dat wetenskaplikes by NASA se Ames Research Center bevind het dat die stowwe waaruit ‘n mens saamgestel is, gevind kan word in klei ! Die titel van die artikel was ‘How Life on Earth Began.’

 

 

DIE RONDE AARDBOL

 

"Hy sit bo die kring van die aarde ... " (Jes. 40:22).

 

Hoe het Jesaja dit geweet in 700 v.C. Dit was eers in die 1500's toe Magelaan om die wêreld geseil het, dat ontdek is die aarde is rond. Dit is dus eers amper 2000 jaar later !

 

 

DAG EN NAG OP DIESELFDE TYD

 

"Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word. In daardie dag ... Ek sê vir julle: In daardie nag ... " (Luk. 17:30,31,34).

 

Lukas kon onmoontlik in 65 n.C. uit homself geweet het dat dit op dieselfde tyd dag en nag op aarde kan wees. Wetenskaplikes het dit eers in die 16de eeu agtergekom.

 

 

VROLIKE HART EN GENESING

 

"‘n Vrolike hart bevorder genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog." (Spr. 17:22).

In ‘n artikel in The Birmingham News met die titel, ‘Laughter: Prescription for Health’, lees ons dat die jongste navorsing toon dat "At some point during laughter, your body issues A PRESCRIPTION from the pharmacy in your brain." Salomo het dit al 3000 jaar gelede geweet!

 

 

KWARANTYN VIR OORDRAAGBARE SIEKTES

 

"Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees."

(Lev. 13:46).

 

Duisende jare hierna het die mediese wetenskap eers begin om aktief hierdie beginsel toe te pas. Voor die daadwerklike toepassing van hierdie basiese waarheid het miljoene gesterf a.g.v. aansteeklike siektes. Die Bybel is sy tyd ver vooruit!

 

DIE LEWE IS IN DIE BLOED

 

"Want die siel [lewe] van die vlees is in die bloed,"

(Lev. 17:11).

 

Vir duisende jare het geneeshere hierdie eenvoudige waarheid nie gesnap nie. Vroeër is pasiënte dikwels deur ‘n proses van bloeiing behandel, omdat dit dan kwansuis die liggaam sou suiwer van die siekte. So is baie mense ongelukkig ook dood. In 1799 het Pres. George Washington van Amerika juis gesterf nadat dokters hom 4 keer laat bloei het. Eers in die vroeë 1900's het ‘n Dr. Lister ontdek dat die lewe juis in die bloed van die mens gesetel is. Die hele immuniteitstelsel van die mens is geleë in die bloed. Dit is inderdaad die bloed wat die organe voed, wat nuwe selle bou, wat siektes bestry en wat genesing bewerk. Daarom was dit ook net die sondelose Goddelike bloed van Christus wat genoegsaam sou wees om ons van ons sondes te verlos.

 

Watter merkwaardige geskrif is die Woord van God nie. Duisende jare voordat die mediese wetenskap hierdie eenvoudige waarheid begryp het, was dit reeds opgeteken in die boek Levitikus.

 

Professor J.D. Dana, een van die grootste wetenskaplikes, het eenmaal die volgende gesê toe hy ‘n finalejaarklas aan die Yale Universiteit in die VSA toegespreek het:

"As you go out into the world ... remember that I, an old man, who has known only science all my life long, say to you, that there is nothing truer in all the universe than the scientific statements contained in the Word of God."

 

Die Bybel is verseker geen gewone boek nie en ook geensins te vergelyk met ander ‘heilige geskrifte’ nie.

Kyk net wat is al oor hierdie verstommende Boek gesê.

President Ronald Reagan van Amerika het die Bybel soos volg opgesom:

 

"Indeed, it is an indisputable fact that all the complex and horrendous questions confronting us at home and worldwide have their answer in that SINGLE BOOK."

 

Napoleon het verklaar die Bybel:

 

" ... is no mere book, but A LIVING CREATURE that conquers all that face it."

 

In die Newsweek tydskrif van 27 Desember 1982, op die voorblad, lees ons hierdie woorde oor die heilige Boek:

"How one book unites us, divides us, and STILL DEFINES US."

 

Die vraag is of ons al gebuig het voor die God van hierdie Boek en of ons hierdie Boek al behoorlik gelees het !

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2

 

 

 

 

 

VERBORGENHEDE NOU GEOPENBAAR

 

 

 

 

Baie reken vandag dat die mens maar in die duister gelaat is oor talle sake in die Bybel. Is dit waar? Is dit wat God in gedagte gehad het toe die Woord vir ons opgeteken is? Of het hierdie saak ‘n totaal ander kant?

 

Op talle plekke in die Skrif word dit vir ons duidelik gemaak dat God wil hê dat ons die toekomstige dinge of die verborgenhede moet verstaan. Let op die volgende:

 

Deut. 29:29 - "Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet."

 

Ps. 25:14 - "Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak."

 

Spr. 25:2,27 - "Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur. ... om swaar sake na te speur, is ‘n eer."

Jes. 45:11 - "So sê die HERE ...Vra My aangaande die toekomstige dinge."

 

Jes. 46:10 - "wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie;"

 

Jes. 48:5-6 - "daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor,...Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie."

 

Dan. 2:28 - "daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar,"

 

Matt. 13:11 - "Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie."

 

Mark. 13:23 - "Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê."

 

Rom. 11:25 - "Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;"

 

Rom. 16:25,26 - "Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is, maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God"

 

1 Kor. 15:51 - "Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin;"

 

Efes. 1:9-10 - "deurdat Hy aan ons die verborgenhede van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in homself voorgeneem het, om die volheid van die tye te reël, ..."

Efes. 5:27,32 - "sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. ... Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente."

 

Hoeveel Christene gaan nie eendag spyt wees omdat hulle nooit die verborgenhede in die Skrif ondersoek het nie, of selfs net omdat hulle so min die Bybel gelees het nie? In die ewigheid gaan ons verseker nog baie met die Woord (Christus) omgaan, want dit staan vas tot in alle ewigheid. In Jes. 40:8 lees ons: "Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid."

 

 

 

 

DIE ABSOLUTE UNIEKHEID VAN DIE 20STE EEU

 

 

As ons besef dat ons nie deur God in die duister gelaat is oor die toekomstige dinge nie, begin baie sake vir ons helder word - veral ook die tydsomstandighede waarin ons onsself huidiglik bevind. Die woorde verandering en vernuwing is tipies van ons tyd, maar was dit altyd so gewees?

 

In die dag waarin ons leef, is dit goed om vir ‘n slag stil te staan en net vir ‘n oomblik die 20ste eeu, wat so pas ten einde gesnel het, van nader te bekyk. Om die waarheid te sê, dit is selfs van kritieke belang dat ons sal gaan kyk na wat in die afgelope honderd jaar of meer in die wêreld gebeur het en wat se veranderinge daar plaasgevind het. Die eise van die tyd waarin ons tans leef, is soms sodanig dat ons glad nie meer perspektief kan behou oor waar ons vandaan kom en waarheen ons oppad is nie. Ons leef in ‘n tyd waar alles vinnig gebeur - baie vinnig. Vinniger as ooit tevore in die geskiedenis van die mensdom. Dit is hoe dit wil voorkom, maar is die tydvak waarin ons onsself tans bevind dan werklik soveel anders as die vorige eeue en millennia wat reeds verbygeskiet het? Is dit die geval of is dit alles maar net ‘n illusie?

Kom ons dink vir ‘n oomblik na. Vyfduisend jaar gelede het die mens die perd of muil gebruik as die mees algemene vervoermiddel van die dag. ‘n Duisend jaar gelede was dit ook die geval. Vyfhonderd jaar gelede was dit steeds algemeen. Tweehonderd jaar gelede ook nog. Honderd jaar gelede definitief nog die geval. Ja, selfs so min as vyftig jaar gelede nog was perde, muile en donkies steeds wêreldwyd die mees algemene vervoermiddel wat die mens tot op daardie stadium gebruik het. En vandag, kan ons vandag nog dieselfde sê? Baie beslis nie. Die motor is verreweg die mees algemene vervoermiddel oor die ganse wêreld. Daar is nog dele waar armoede verhoed dat dit die geval is, maar wêreldwyd gesien, het petrolaangedrewe voertuie definitief oorgeneem. Dit in die bestek van ongeveer vyftig jaar ! Ja, dit is so dat die eerste motor al in 1896 deur Ford vervaardig is, maar aanvanklik het bitter min mense een besit. As ons eerlik wil wees, moet ons erken dat die wêreld in die afgelope honderd jaar dramaties verander het. Veral in die laaste vyftig jaar - radikaal ! Vir meer as vyfduisend negehonderd jaar het die mens sy weg te perd gevind, maar in die laaste vyf dekades het daar ‘n ommekeer gekom ongekend in die geskiedenis van die mens op aarde. Die mens beweeg nou in luukse motors, per bus, per trein, per vliegtuig en selfs per pendeltuig !

Die wêreld het inderdaad drastiese verandering ondergaan.

Kom ons kyk kortliks na van die grootste ontdekkings en ontwikkelings van die laaste bietjie meer as honderd jaar, wat so ‘n enorme impak op ons wêreld gehad het en steeds het:

 

1876 - die telefoon is uitgevind

1880's - die gloeilamp

1890's - elektrisiteit

1895 - die radio

1896 - die motor

1903 - die vliegtuig

1930 - die eerste rekenaar

1930's - die audio kasset

1940's - die televisie

1940's - die atoombom

1956 - atoomkrag

1957 - die pendeltuig

1960 - kommunikasie sateliet

1971 - die mikroskyfie

1970's - die video

1980's - die kompakte skyf (CD)

1993 - die Internet deurbraak.

Hierdie deurbraak is byna skokkend. Nou kan enigiemand met ‘n rekenaar en ‘n telefoon enige land op aarde per rekenaar besoek en letterlik miljoene bladsye se inligting oor enige onderwerp denkbaar, besigtig en navors.

1997 - kloning van ‘n skaap.

2000 - ontrafeling van die menslike genetiese kode (DNA)

 

‘n Paar jaar gelede reeds is daar bereken dat die inligting in die wêreld teen so ‘n tempo vermeerder, dat dit elke twee jaar verdubbel. Dit het seker al intussen verder versnel.

‘Waar dit nog gaan eindig weet niemand’, sê die meeste altyd. As ‘n mens egter die Woord van God met erns bestudeer, sal jy gou besef dat alles wel binnekort tot stilstand geruk gaan word. Nee, ons gaan nie eendag in die toekoms nog op ander planete bly en elkeen met ons eie lugskip rondry nie. Daar sal wel ‘n veel heerliker uiteinde wees vir elkeen wat Jesus Christus persoonlik geken en Hom bo alles gedien het.

Die Bybel, die onfeilbare Woord van God, het ons egter lank gelede reeds gewaarsku dat alles teen die einde baie gaan verander. In die boek Daniël lees ons die volgende merkwaardige woorde:

"En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder." (Dan. 12:4).

Kennis oor die Woord het vermeerder en ook kennis in die algemeen.

Die twintigste eeu was inderdaad ‘n absoluut unieke eeu. Daar was nog nooit ‘n tyd of tydperk wat eers naby daaraan kon kom nie. Die dramatiese veranderinge wat die wêreld in die laaste ongeveer honderd jaar gesien het, is ‘n duidelike teken van die naderende wederkoms van die Here Jesus Christus. Baie mense maak ongelukkig in ons dag die fout om te midde van al die veranderinge tot die noodlottige besluit te kom dat God nou ook verander het. Die Woord bring egter gou die perspektief as ons in Heb. 13:8 lees: "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid." Sy onveranderlike Woord staan nog steeds vas soos ‘n onbeweeglike rots. Die meeste mense van ons tyd het so saam met alles verander, dat hulle dit hoegenaamd nie agterkom nie.

Daar kom egter ‘n tyd dat ‘n mens weer alles in oënskou moet neem en diep moet besin oor die hede en ook die nabye toekoms.

 

 

 

 

‘N KONTROVERSIËLE ONDERWERP

 

 

Die eskatologie of dan die Bybelse leer oor die eindgebeure was in die bedeling van die Kerk nog altyd ‘n redelik kontroversiële onderwerp. Daar is seker verskillende redes waarom dit nog altyd so was, maar die feit dat die meeste mense hulle net nie kan indink in ‘n oomblik waarop Jesus Christus werklik weer gaan kom en ‘n einde aan die huidige bedeling op aarde gaan maak nie, is seker nie die geringste van die redes nie.

 

Uit die kerkgeskiedenis het dit duidelik geword dat daar veral vier hoof beskouings oor die boek Openbaring, en daarby ingesluit oor die wederkoms van Christus en die Antichris, ontstaan het. Kortliks lyk hierdie vier beskouings soos volg:

 

1. Die Geestelike beskouing

Augustinus en andere het dit voorgestaan. Dit leer dat die boek Openbaring slegs ‘n simboliese of geestelike boek is en dat die Antichris bloot ‘n bose sisteem is wat die Kerk moet teëstaan. Hierdeur word die Bybelse profesieë oor die eindtyd, die wederkoms van Christus en die Antichris bloot vergeestelik asof dit hoegenaamd nie dui op ‘n spesifieke tyd en dus op spesifieke vervullings nie. Alles is dus vaag en onduidelik en niemand kan met enige sekerheid sê watter Bybelse profesieë al vervul is en watter nie. Die talle en talle spesifieke profesieë wat met Christus se eerste koms so letterlik vervul is (soos bv. Jes. 53), word dus nie as ‘n rigsnoer vir die profesieë oor sy wederkoms gebruik nie. Daar word wel tot ‘n mate geglo dat vorige oordele van God letterlik was, maar as dit kom by oordele wat in die toekoms lê en deur die Bybel as sodanig voorspel word, word dit sonder meer vergeestelik. Hierdie groep glo veral ook sterk dat die Here Israel as volk finaal verwerp het en dat al die beloftes wat op die volk Israel van toepassing was, nou oorgeplaas is na die Kerk. Die Kerk het dus die letterlike volk Israel vervang. Dit is vandag nog die Roomse, Anglikaanse en selfs talle Protestantse groepe se siening. Dit ten spyte daarvan dat God op talle en talle plekke in die Skrif waarsku dat Hy nie die volk Israel vir ewig verwerp het nie, maar dat hulle eintlik ten dele verhard is ter wille van die ander nasies van die wêreld (Rom. 11:25-28). God het ook gesê dat Hy hulle lot sal verander (later meer hieroor).

2. Die Preteristiese beskouing

‘n Jesuïet uit die Rooms-Katolieke Kerk, Alcazar, het in die 17de eeu ‘n groot rol gespeel in die daarstelling van hierdie siening. Dit leer dat alles wat Johannes in sy briewe en in die boek Openbaring oor die Antichris geskryf het, reeds ten volle in sy eie tyd - aan die einde van die 1ste eeu - in vervulling gegaan het. Volgens hulle was die Romeinse keiser Nero dan die Antichris gewees. Die feit dat die Antichris en sy leërs verder tydens die laaste oorlog (Armageddon - Op. 16:14,16; 19:19 - wat uiteraard nog in die toekoms moet lê) verslaan gaan word, word dus uit die prentjie gelaat. Verder is dit so dat Nero regeer het in 64 n.C. Die apostel Johannes het die boek Openbaring egter eers geskryf in 96 n.C. Kyk nou na die volgende. Hy het in Op. 17:12 van die tien konings geskryf "wat nog geen koningskap ontvang het nie" (dus nog nie teen die jaar 96 nie), maar hulle sal dit wel ontvang saam met die dier - die komende en finale Antichris. Dit kon dus onmoontlik nie Nero of van sy onmiddelike opvolgers gewees het nie. Hy was hoogstens ‘n sterk tipe van die Antichris.

 

3. Die Historiese beskouing

Dit leer dat alles wat in die boek Openbaring oor die Antichris geskryf is, geredelik deur die loop van die Kerktydperk (nou al 2000 jaar) plaasgevind het. Dit is dus vandag geskiedenis. Hulle gebruik egter vreemde metodes om die Skrif te verklaar. So kan die aardbewing in Op. 11:19 blykbaar dui op die Franse Rewolusie van 1789. Jy gee bloot die Skrif ‘n inhoud wat jy daaraan wil gee. Daarom beteken die Bybel vir so baie mense so baie verskillende dinge. As ‘n aardbewing ‘n oorlog is, wat is ‘n oorlog dan? Dalk ‘n aardbewing? Hierdie is ‘n uiters verwarrende beskouing. As alles dan reeds geskiedenis is, wanneer is die Antichris en die valse profeet in die poel van vuur gewerp (Op. 19:20)? Wanneer is die bewoners van die aarde dan gedwing om die merk van die dier te neem (Op. 13:16,17)?

(As dit net ‘n geestelike merk is, wanneer het hulle dié dan geneem?). Die grootste vraag sal seker wees, wanneer het Jesus Christus dan gekom om die groot oorlog van Op. 19:11-21 te kom beëindig? Hierop het die voorstanders van hierdie historiese beskouing geen bevredigende antwoorde nie. As sommige van hierdie dinge dan nog moet plaasvind, is hulle eintlik huidiglik ook meer futuristies as wat moontlik gemeen word.

 

4. Die Futuristiese beskouing

Hierdie term is moontlik nie ‘n heeltemal korrekte beskrywing van wat hierdie groep glo nie. Hierdie beskouing neem verseker in ag dat die eerste drie hoofstukke van die boek Openbaring beslis geskiedenis is - daar was werklik sewe sulke gemeentes in Klein-Asië. Dit het egter ook ‘n profetiese betekenis, nl. dat elke gemeente ook kan dui op ‘n profetiese tydperk vanaf die ontstaan van die Kerk tot en met die wederkoms van Christus. Tans leef ons dus profeties gesproke in die tyd van Laodicea, wat ‘toevallig’ beteken menseregte of volke regte. Die res van die boek Openbaring - dus ook alles aangaande die finale Antichris lê nog in die toekoms. Dit beteken ook nie dat daar nie alreeds antichriste was nie. Daarvan lees ons ook verder in 1 Joh. 2:18 - die laaste gedeelte. Hierdie siening verklaar dat die profesieë van die boek Openbaring, tesame met die ander profesieë oor die eindtyd nog vervul moet word. Daarom ook die profesieë waarin die Antichris ‘n prominente rol vertolk, kon dus nog nie finaal vervul gewees het nie. Die feit dat die Antichris ‘n spesifieke persoon sal wees - ‘n man - word ook geensins betwyfel nie.

Verder word die duidelik simboliese gedeeltes in die boek Openbaring nie misken nie. Om egter te verklaar dat dit in sy geheel ‘n ‘simboliese boek’ is, is totaal oordrewe. Daar is weliswaar ‘n hele paar beelde en ook simboliese gedeeltes wat in hierdie laaste boek van die Bybel gebruik word soos o.a. die volgende:

- Christus word deur die beeld van ‘n Lam voorgestel (Op. 13:8). Hy is nie regtig ‘n Lam nie, maar omdat die Bybel Hom so noem, beteken dit verseker nie ook terselfdertyd dat Hy net simbolies gesien moet word nie.

- Die Antichris word as ‘n dier voorgestel met sewe koppe (Op. 13:1). Daar bestaan geen dier met sewe koppe nie en dit is ooglopend simbolies, maar dit beteken hoegenaamd nie dat die Antichris ook net simbolies verstaan moet word nie. ‘n Simbool of beeld dui altyd op een of ander manier ‘n letterlike saak aan.

- Die Satan word as ‘n draak en ‘n slang, duidelik simbolies, aangedui (Op. 12:9). Op ander plekke word hy egter op sy naam genoem. Dit beteken nie hy is ‘n draak of ‘n slang nie, maar hy dra van hulle karaktertrekke. Dat hy egter letterlik bestaan, is ‘n absolute feit - dink net aan al die moord en doodslag en veral aan die groeiende geloof van Satanisme.

- Die vrou van Op. 17 sit op ‘n skarlakenrooi dier, maar ook op "baie waters" (vers 1). Dit is ‘n simboliese verwysing, want in Op 17:15 verklaar die Skrif self: "Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale." Die ‘waters’ is net ‘n beeld van ‘n ander letterlike waarheid. Dit is hoegenaamd nie sommer maar so iets uiters vaags wat in die lug hang en geen werklike betekenis het nie. Ons wonderlike God is ‘n God van orde en ‘n Meester met sy beskrywings van belangrike en ewige konsepte. Beelde en simboliek vervang nooit werklikhede nie, maar beskryf dit bloot en lig dit verder toe.

As huidige wêreldgebeure in ag geneem word, dan sal dit gou baie duidelik word dat ons reeds die tyd rondom die wederkoms van Christus betree het. Dit is verseker so dat niemand die spesifieke dag of uur van sy koms kan weet nie, maar dat ons reeds in die seisoen van sy koms is, is net so duidelik. Om die profetiese woord te bestudeer, is ‘n Goddelike opdrag (1 Thess. 5:20; 2 Pet. 1:19) en hou ook veel seën in vir elke Christen (Op. 1:3) - veral in die tyd waarin ons tans leef !

 

Die Futuristiese beskouing is dus grootliks ons uitgangspunt in hierdie studie van die eindgebeure en wat daar rondom sal afspeel. Daar moet egter dadelik bygesê word dat al die ander beskouings ook elkeen in ‘n mindere of meerdere mate bydraes maak om Bybelprofetiese gedeeltes makliker te kan verstaan. Dit sal duidelik na vore kom in hierdie studie. Om die waarheid te sê, elke siening het enkele waarhede, maar volgens die Joodse wyse van profetiese verklaring word ‘n profesie elke keer verder en dieper vervul. Ons het dus te make met ‘n sikliese vervulling van die profesieë van die Bybel. As ons bv. net gaan kyk na ‘n onderwerp soos die Antichris, sien ons dit duidelik. Daar was al verskeie antichriste, daar is sekerlik vandag ook antichriste, maar dit alles dui op die laaste of finale Antichris (sien 1 Joh. 2:18). Profetiese vervulling beweeg altyddeur na die hoogtepunt of finale vervulling !

 

Die vraag is nou waar staan ons vandag volgens die profetiese kalender van God. Kan ons enige sekerheid daaromtrent hê?

 

 

 

 

DIE GROOT AFVAL

 

 

‘n Weeklikse Engelse blad, The Weekly Telegraph (3-9 Januarie 2000) het ‘n berig bevat oor die stand van sake in Brittanje se Christelike kerke. In ‘n Gallup meningspeiling is tragiese en eintlik skokkende statistieke verkry. Een van die afdelings van die meningspeiling het spesifiek gehandel oor persone wat hulleself as Christene beskou, wat dan moes sê of hulle nog in die volgende sake glo of nie. Die resultate onder hierdie selfbeskrywende Christene was soos volg:

 

64% glo nie in ‘n duiwel nie

62% glo nie daar sal ‘n wederkoms wees nie

60% glo nie in ‘n hel nie

39% glo nie in lewe na die dood nie

33% glo nie in Christus se maagdelike geboorte nie

33% glo nie Christus het opgestaan uit die dood nie

23% glo nie in ‘n hemel nie

15% glo nie in ‘n God nie

 

As dit is wat die ‘Christene’ glo, hoef ons nie eers te wonder wat die ander hieroor glo nie. Die woorde van Christus in Luk. 18:8 - dat as Hy weer kom, of Hy nog die geloof op aarde sal vind - kry nou besondere betekenis.

 

Wat sou die rede wees vir hierdie afval van die waarhede van die onveranderlike Woord? Dat hierdie tendens in die Skrif voorspel word vir die laaste tye is geensins te betwyfel nie.

Hier dink ons net aan bv. Matt. 24:11, 2 Thess. 2:3, 1 Tim. 4:1, 2 Tim. 3:1-5 ens.

Daar is natuurlik ook ‘n hele paar hedendaagse faktore wat hier in verband gebring kan word. In ‘n koerantberig in Die Volksblad van 15 September 1999 lees ons die opskrif:

 

‘TV-KYKERS IS ‘BREINDOOD’ VERGELEKE MET LESERS’ en dan die volgende: "Navorsing toon TV-verslaafde mense is volgens sielkundiges ‘breindood’ vergeleke met mense wat lees, ... Mense wat voortdurend voor die TV sit, gebruik nie hul brein nie. Navorsing het reeds getoon dat ‘n mens se brein meer aktief is as jy slaap as wanneer jy TV kyk."

Die mens van vandag word afgestomp vir die dinge van God en van sy Woord en die televisie se rol kan hier nie onderskat word nie. Daar is in 1995 ‘n studie gedoen deur die Nielson Media Research groep in die VSA en hulle het bevind dat die deursnee kind wat televisie kyk tussen 15 000 en 30 000 uur voor die TV deurbring voordat hy of sy die skool verlaat. In dieselfde tyd sal so ‘n kind 11 000 - 16 000 uur in die skool deurbring en maar slegs ongeveer 2 000 uur (van kwaliteit aandag) met sy ouers.

Daar is ook bevind dat ‘n gemiddelde kind tussen 800 000 en 1,5 miljoen dade van geweld op TV sien, wat insluit 192 000 -360 000 beskrywings van moorde - voordat so ‘n kind die skool verlaat (US News and World Report, 15 April 1996). Sou dit dan niks te make hê met die geweldskultuur wat tans wêreldwyd so aan die orde is nie? Of nog meer, sou dit nie grootliks meedoen aan die groeiende apatiese houding van so baie jeens die God van die Bybel nie?

(Sien die video, Death by Entertainment, agter in die boek).

Om dit te misken sou baie onwys wees en om dit geheel en al te ontken, verseker dwaas.

 

 

 

 

DIE BEGIN VAN DIE SMARTE

 

 

In Matt. 24 het die Here Jesus Christus onmiskenbare tekens aangedui wat die seisoen van sy wederkoms sou inlui. Nadat Hy ’n hele lys van tekens uitgewys het waarop sy kinders bedag moet wees, het Hy in vers 8 dringend gewaarsku "maar al hierdie dinge is ’n begin van die srnarte." Hier moet net gemeld word dat die nuwe vertaling in Afrikaans (1983) verkeerdelik praat van die aanbreek van ’n "nuwe tyd." Dit pas wel wonderlik in by die nuwe era en die nuwe wêreldorde, maar is hoegenaamd nie waaroor die profetiese rede in Matt. 24 gaan nie. Hierdie is wel ’n verwysing na die begin van die grootste verdrukking wat die mensdom ooit in die gesig sal staar (vers 21). Daar is vandag egter talle mense (insluitende teoloë en kerkgroepe) wat glo dat Matt. 24 geensins op vandag dui nie, maar dat dit alles alreeds in vervulling gegaan het rondom die jaar 70 n.C. of kort daarna. Die rede wat hiervoor aangegee word, is te vinde in Matt. 24:1,2 waar Jesus die dissipels daarop gewys het dat geen klip van die tempel op ’n ander gelaat sal word wat nie afgebreek sou word nie. Net daarna het hulle Hom gevra wanneer al hierdie dinge sou plaasvind en daarby ook, wanneer sy (weder) koms sal wees en die einde van die wêreld (die laaste bedeling). In die jaar 70 n.C. is die tempel wel geheel en al woes gelaat deur die Romeinse leërs onder aanvoering van Generaal Titus, maar verseker het Jesus nie op daardie stadium weer gekom nie en nog minder was dit die einde van die wêreld. Dit was maar skaars veertig jaar na sy hemelvaart dat die vernietiging van die tempel en Jerusalem plaasgevind het. Om te wil verklaar dat die res van Matt. 24 ook rondom daardie jare in vervulling gegaan het, toon besonder ooglopende kortsigtigheid. Daar was wel valse Christusse in daardie tyd soos bv. Nero en andere en verseker was daar ook aardbewings, pessiektes, hongersnode en oorloë in daardie tyd gewees, maar verseker het die einde nie aangebreek nie. Die volk Israel is juis in daardie dae oor die ganse aarde versprei, net soos wat die Woord voorspel het, en die einde kon dus nie toe reeds aanbreek nie. Die Woord van God het op verskeie plekke in die Ou en Nuwe Testamente (bv. Eseg. 36:24-29; Rom. 11:28-28) verklaar dat die einde eers kan aanbreek as die Jode weer teruggebring is na hulle land. God self sou dit doen en Hy is tans daarmee besig. In 1948 het Israel weer ’n staat geword en sedertdien keer die Jode van oral af terug na hulle land. Hulle besef egter ongelukkkg nie dat God juis daar met hulle sondes gaan afreken nie en dit spesifiek in die Bybelsgeprofeteerde groot verdrukking nie. Die ‘einde’ kon dus tegnies gesproke nie aanbreek voor die groot en verstommende gebeurtenis van 1948 nie.

Nou eers leef ons in die geslag waarvan Jesus Christus self gesê het: "Voorwaar Ek vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie." (Matt. 24:34,35). Al die dinge van Matt. 24 het verseker nie in die tyd rondom 70 n.C. in vervulling gegaan nie. Daar is egter weinig wat vandag enigsins begryp wat tans in die wêreld voor ons oë afspeel.

Verder moet genoem word dat Matt. 24 volmaak ooreenstem met Op. 6. Hieruit word dit nog veel duideliker dat dit verseker die toekomstige tyd van groot verdrukking aandui. Eers in Op. 19 kom hierdie tydperk tot ’n einde. Hierdie smarte kan vergelyk word met ’n vrou wat in barensnood verkeer. Dit is dan ook wat die Griekse teks ons in Matt. 24:8 leer, want die woord smarte kan ook vertaal word met geboortepyne. Al hierdie gebeure wat in Matt. 24 en Op. 6 genoem word, word algaande al hoe meer intens en dit vind later ook al hoe korter op mekaar plaas. Dit is dus soos geboortepyne. Met verloop van tyd word die intensiteit asook die frekwensie van die pyne groter. Almal wat oplet weet verseker dat iets of iemand binnekort gebaar gaan word en dit gaan geensins van ‘n aangename aard wees nie (vergelyk ook i.v.m. geboortepyne Jes. 13:8; Jes. 26:17,18 en 1 Thess. 5:3).

In Matt. 24:16 het God die Jode ("die wat in Judea is") juis gewaarsku dat hulle na die berge moet vlug wanneer hierdie gebeure (veral dan die koms van die Antichris) gaan plaasvind. Beslis sou die Here hulle nie maan om te vlug vir die heerlike ‘nuwe tyd’ wat net om die draai sou wees nie.

 

 

DIE MISLEIDING IS VOORSPEL

 

 

"baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei." Matt. 24:11

 

"Want daar sal valse Christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê."

Matt. 24:24,25

 

 

Byna tweeduisend jaar gelede het die dissipels van Jesus Hom gevra: "wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" Sy eerste, onmiddellike en duidelike antwoord was:

 

"Pas op dat niemand julle mislei nie." (Matt. 24:3,4).

 

In die dag waarin ons leef, word ons genoodsaak om dringend na hierdie profesie te gaan kyk. Behalwe vir bg. waarskuwing van die Here Jesus, is daar nog talle ander soortgelyke waarskuwings in die Nuwe Testament vir ons opgeteken. In Matt. 7:14-16 kan ons sien hoekom dit so ernstige saak is. Ons lees daar:

 

"Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken."

Die Here Jesus maak dit hier duidelik dat min uiteindelik gered sal word en dat valse profete een van die groot struikelblokke sal wees in die pad van mense wat Hy graag met Homself sou wou versoen. As hierdie tipe leraars dan in die pad staan van mense om by die kruis en by Christus uit te kom, dan kan ons nie anders as om hierdie saak aan te raak nie. In Efes. 5:11 lees ons baie duidelik: "en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer." Die Here het immers gesê: "En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak." (Joh. 8:32). Niemand op aarde word deur leuens vrygemaak nie. Hoekom sou ‘n mens dan mislei wil word as jy die waarheid kan ken en daardeur vrygemaak kan word. Jy kan dan selfs ander na die waarheid lei.

Jesus Christus self het gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe" (Joh. 14:6). Daar is geen waarheid buite Hom nie. ‘n Valse profeet sal dus net vals verklaar kan word as hy aan die Woord van God gemeet word en dan wel as ‘n leuenaar bevind is. Christus is tog immers die vleesgeworde Woord (Joh. 1:14). Die Woord is absolute waarheid. Dit is oor en oor bewys. Enigeen wat dus meen dat hy of sy vervul is met die Heilige Gees en duidelik en ooglopend die waarheid van die Skrif teëstaan, moet uit die aard van die saak as vals verklaar word - op gesag van die Woord van God.

Paulus, Petrus, Johannes en Judas (vervul en gelei deur die Heilige Gees) het telkens en met groot erns die Kerk van hulle dag en dus ook vir ons vandag gewaarsku om op die uitkyk te wees vir veral valse profete. Hier is ‘n paar voorbeelde waar ons gewaarsku word:

 

"Want ek weet dit, dat na my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie." (Hand. 20:29-31).

Die skokkendste is dat manne uit eie geledere sal opstaan met ‘n valse leer en ander sal hulle volg. Hoekom word sommige dan so kwaad as hulle vermaan word oor hierdie dinge. Paulus het self met trane vermaan!

 

"MAAR daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug

 

sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek." (2 Pet. 2:1-3).

"GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is diegees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld." (1 Joh. 4:1-3).

 

Baie glo byna enigiets wat in ‘n ‘Christelike’ gewaad vir hulle aangebied word. Hoeveel is daar vandag nog wat alles deeglik toets en beproef - op grond van die Skrif?

Alle Christelike groepe erken wel op een of ander manier dat Jesus Christus geleef het. Pasop egter vir hulle wie se ‘evangelieboodskap’ nie in hoofsaak sentreer rondom die bloedstorting, kruisdood en opstanding van Jesus Christus nie. Dit gaan dus daaroor of ‘n kerk besig is om siele te wen deur die kruisboodskap (die evangelie - 1 Kor. 15:1-4) aan ‘n verloregaande mensdom te verkondig. ‘n Heilige lewenswandel deur die instaatstelling van die Heilige Gees sal dan volg in die lewe van elke geredde mens wat erns met God maak. So ‘n lewenswandel sal in lyn wees met Jesus se wandel toe Hy op aarde was. Onthou Jesus het self gesê die Heilige Gees sal ons aan alles herinner wat Hy gesê het (Joh. 14:26; 15:26). Dit is wat dit in werklikheid beteken om te bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het. Paulus sê in 1 Kor. 2:2 aan die gemeente van Korinthe: "ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde." Hierdie is woorde wat uit God gespreek is. Enige ander nagemaakte boodskap adem die gees van die Antichris.

 

"GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.

Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën." (Judas 3,4).

 

Wat het in ons dag geword van die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is? Daar is vandag ook talle voorbeelde van ‘ongebondenheid’ in kerke en in die lewens van talle wat hulleself Christene noem. Ja, daar het valse profete ingesluip en die skade is reeds onberekenbaar.

 

Die nou reeds berugte ‘Jesus Seminar’, ‘n groep ‘teoloë’ en ‘intellektueles’ in die VSA wat die Bybel graag uitmekaar trek, het onlangs weer bymekaar gekom om te besluit watter gedeeltes van die Bybel eg is en watter maar verwerp kan word.

In die Fort Worth Star-Telegram van 21 September 2000 het die volgende berig oor hulle verskyn:

 

"After declaring that Jesus was not born of a virgin and that many biblical reports of his life were conjured by early Christians, the Jesus Seminar is taking on God.

The small band of religion specialists often criticized by even established scholars for their iconoclastic statements on Jesus will vote on whether God is all-powerful, whether he intervenes in the affairs of humans and, more radically, whether God even exists. ‘We are opening up a new phase of the seminar,’ said the group's founder, Robert Funk, director of the Westar Institute in Santa Rosa, Calif. ‘We are discussing the future of God, so to speak.’...During its semiannual meeting next month in Santa Rosa, about 75 seminar participants will engage in discussions on several papers and return to their system of using colored beads to cast ballots on questions related to God. Funk, who has just returned from speaking tours in England and Australia, is a Guggenheim Fellow and Senior Fulbright Scholar, and author of `Honest to Jesus: Jesus for a New Millennium,' and `The Acts of Jesus.' He is co-author of `The Five Gospels.'...One of the most controversial votes during October's meeting will be on whether Jesus of Nazareth is actually a manifestation of God, Funk said..."

Hierdie is natuurlik uitermate Godtergend, maar hulle besef steeds nie dat hulle toekoms lank gelede reeds deur God voorspel is nie:

 

"Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?" (Jer. 8:9).

"Aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan. Ek het die profete nie gestuur nie, ... julle verdraai die woorde van die lewende God, van die HERE van die leërskare, onse God." (Jer. 23:20,21,36).

WEGLAAT VAN EN BYVOEG BY DIE WOORD

 

"Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie; en julle mag daar niks van weglaat nie;" (Deut. 4:2).

"Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie." (Spr. 30:6).

"Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is."

(Op. 22:18,19).

 

Destyds het hierdie tendens in Israel hoogty gevier en vandag is dit ook nie anders nie:

 

"’n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur: die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?" (Jer. 5:30,31).

 

 

Vervolgens kyk ons na uitsprake van baie bekende leraars of profete van ons dag wat die Woord gebruik in hulle prediking. God se Woord sal as enigste maatstaf gebruik word in die toetsing van hulle uitlatings. Besluit dan self wie die waarheid praat - hierdie profete of die lewende God:

 

"The believer is as much an incarnation of God as Jesus Christ. ... the church hasn't realized yet that they are Christ. That’s who they are. They are Christ."

(Kenneth Hagin, How God Taught Me About Prosperity, Tulsa: Faith Library, 1985).

"The believer is called Christ. ... That’s who we are; we’re Christ !"

(K. Hagin, Zoe: The God-Kind of Life, 1989, p. 41).

"baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus!" (Matt. 24:5).

 

"Spiritual death also means having Satan’s nature ... Jesus tasted death - spiritual death"

(K. Hagin, The Name of Jesus, 1981, p. 31).

"Jesus is the first person ever to be born again."

(K. Hagin, The Name of Jesus, 1981, p. 29).

Kenneth Hagin is die stigter van die Rhema groep in die VSA. Hulle glo dat die Griekse woord rhema daarop dui dat God nou nuwe woorde spreek tot die mens - dus nuwe openbaringe.

"Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele." (Ps. 119:89).

"You’re all God. You don’t have a God living in you; you are one! ... When I read in the Bible where God tells Moses, ‘I AM,’ I say, ‘Yah, I am too!’"

(Kenneth Copeland, ‘The Force of Love,’ Tape BBC-56).

" ... julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees [in julle eie oë] ... " (die slang vir Eva in die tuin van Eden - Gen. 3:5) - die ‘New Age’ in die kerk.

"I was shocked when I found out who the biggest failure in the Bible actually is. ... The biggest one is God. ... I mean, He lost His top-ranking, most anointed angel; the first man He ever created; the first woman He ever created; the whole earth and all the fullness therein; a third of the angels, at least - that’s a big loss, man... "

(K. Copeland, ‘Praise-a-Thon’, TBN, April 1988).

"Satan conquered Jesus on the Cross"

(K. Copeland, Holy Bible: Kenneth Copeland Ref. Ed. 1991, p. 129).

"It wasn’t the physical death on the cross that paid the price for sin ... anybody could do that"

(K. Copeland, What Satan saw on the day of Pentecost).

"Die dood is verslind in die oorwinning. ... God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus." (1 Kor. 15:54,57).

"In Hom het ons die verlossing deur sy bloed," (Efes. 1:7).

 

"Jesus Christ knew the only way He would stop Satan is by becoming one in nature with him ... He became one with the nature of Satan, so all those who had the nature of Satan can partake of the nature of God."

(Benny Hinn, TBN, 15 December 1990).

"Never, ever, ever go to the Lord and say, If it be thy will. ... Don’t allow such faith-destroying words to be spoken from your mouth."

(B. Hinn, Rise & Be Healed, 1991, p. 47).

"So moet julle dan bid: ... laat u koninkryk kom; laat u wil geskied," (Matt. 6:10).

 

"When you say, ‘I am a Christian, you are saying, ‘I am mashiach’ in the Hebrew. I am a little messiah walking on earth, ... That is a shocking revelation.... May I say it like this? You are a little god on earth running around." (B. Hinn, ‘Praise-a-Thon’, TBN, 6 November 1990).

"Man, I remember when God would give me words of knowledge back when I began in this ministry but I missed nine out of ten. Of course, nobody knew it except me. ... We are not infallible. When you give a prophecy, sometimes you can be way off. You have to be open enough to say, I blew it."

(B. Hinn, TBN, 23 Februarie 1992).

Dis maar swak vir ‘n klein ‘messias.’

"as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie;"

(Deut. 18:22).

"A great revival movement will be birthed in Orlando in mid-90's to bring God back into American classrooms. The mid-90's will see a new move of God tot shake the world with the last great revival. Many will be raised from the dead. Angels will come knocking at your door. About ‘94-’95 God will destroy the homosexual community of America with fire. A new disease will arise from South America birthed from a new drug from South America and many will die. God will bring America to its knees by economic collapse. An earthquake will hit the east coast of America and destroy much in the ‘90s. Not one place will be safe in America from earthquakes in the ‘90s."

(B. Hinn, Orlando, Florida, 31 Desember 1989 soos aangehaal in The Berean Call, September 2000).

Niks hiervan het enigsins waar geword nie ! Hy het hierdie ‘profesie’ "directly from God" gekry, soos hy self verklaar het. Kan dit wees?

Sien Deut. 13:1-3.

 

"As long as something is happening it really does not matter if it is of God, of man or of the devil."

(R. Howard-Browne, Personal Freedom Outreach Newsletter, St. Louis, VSA, p. 3).

"Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees." (Gal. 1:8).

 

" ... if you are a preacher of the gospel and you’re no longer able to preach, I tell you that’s a miracle. To quieten any preacher is a major move of God." (R. Howard-Browne, Signs and Wonders Camp Meeting, VSA, video 5, April 1994).

"En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?" (Rom. 10:14).

 

"One night I was preaching on hell, and laughter just hit the whole place. The more I told people what hell was like, the more they laughed."

(R. Howard-Browne, Charisma, Augustus 1994, p. 24).

"Daar sal geween wees en gekners van die tande ... " (Luk. 13:28).

 

"I can see some of you praying. Don’t pray. Pray when you get back into the car"

(Uittreksel uit ‘n video van R. Howard-Browne soos vervat in The Toronto Blessing, No Laughing Matter, Old Paths Publishing House).

"Bid sonder ophou."

(1 Thess. 5:17).

 

"I don’t think anything has been done in the name of Christ and under the banner of Christianity that has proven more destructive to human personality and hence counterproductive to the evangelism enterprise than the often crude, uncouth, and unchristian strategy of attempting to make people aware of their lost and sinful condition."

(Robert Schuller, Christianity Today, 5 Oktober 1984).

"en as Hy [die Heilige Gees] kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde ... "

 

"Jesus knew His worth; His success fed His self-esteem. He suffered the cross to sanctify His self-esteem and He bore the cross to sanctify your self-esteem. The cross will sanctify the ego trip"

(R. Schuller, Self-Esteem: The New Reformation, Word Books, 1982).

"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën ... " (Matt. 16:24).

"Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees,"

(2 Tim. 3:1,2).

 

"... what sets me apart from fundamentalists [is that they] are trying to convert everybody to believe how they believe. ... We know the things the major faiths can agree on. We try to focus on those without offending those with different viewpoints."

(R. Schuller in USA Today, 23 Maart 1989).

"Stry hard om in te gaan deur die nou poort," (Luk. 13:24).

"Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie." (Joh. 14:6).

"The Christ Spirit dwells in every human being, whether the person knows it or not."

(R. Schuller, Possibilities magazine, Summer 1986, p. 12).

" ... as iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie." (Rom. 8:9).

 

"It’s time for Protestants to go to the shepherd [Pope] and say ‘what do we have to do to come home?’"

(R. Schuller, Calvary Contender, 15 November 1987).

"You’re not free - I’m not free until I believe in me. ... "

(R. Schuller, Larry King Live, CNN, 28 Januarie 1994).

"As die Seun jou vrygemaak het, sal jy waarlik vry wees." (Joh. 8:32).

 

"The most serious sin is the one that causes me to say, ‘I am unworthy.’ ... For once a person believes he is an ‘unworthy sinner,’ it is doubtful if he can really honestly accept the saving grace God offers in Jesus Christ."

(R. Schuller, Self-Esteem, p. 98)

"want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God," (Rom. 3:23).

Robert Schuller van die ‘Crystal Cathedral’ se ‘preke’ word wêreldwyd gebeeldsend - miljoene sien sy ‘woordbediening’ daagliks.

 

 

"I needed to change my name and become a different person ... Paul Cho was the pastor of the world’s largest church. People around the world knew Paul Cho. Paul Cho’s name was on the cover of numerous books. But Paul Cho had to die. So I put Paul Cho to death, and last Easter Sunday it was David Cho who was resurrected."

(Paul/David Yonggi Cho, Charisma & Christian Life, November 1992, p. 80).

 

"Through visualization and dreaming, you can incubate your future and hatch the results."

"soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." (Matt. 6:33).

"en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels." (2 Tim. 4:4).

"only through a vision and a dream can you visualize and dream bigger churches."

"En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is." (Hand. 2:47).

"I ordered ... things in such articulate terms that God could not make a mistake in delivering them. Then I felt faith following up. I can go into the fourth dimension of the Holy Spirit, and I tell Him what is needed in my church in Korea, and He carries out the work."

(Al bg. uit: D. Cho, The Fourth Dimension, Vol. 1, 1979, pp. 36-49).

"laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God." (Fil. 4:6).

 

"many people involved in yoga are healing the sick by yoga meditation ... in Buddhism monks also have performed fantastic miracles."

(D. Cho, The Fourth Dimension, Vol. 2, 1983, p. 36).

Hy meen dat as dit so goed vir hierdie mense werk, dink net hoe goed kan dit vir Christene werk!

"watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?"

(2 Kor. 6:16).

 

"You can create the presence of Jesus with your mouth. He is bound by your lips and by your words."

(D. Cho, The Fourth Dimension, Vol. 1, 1979, p. 83).

 

"One of our greatest problems as humans is our self-image. We don’t realize what a capable creation we are. According to the Creator, man is only limited by his imagination. ... "

(D. Cho, The Leap of Faith, pp. 15-17).

"Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,"

(1 Pet. 1:24)

 

"He [God] doesn’t even draw a distinction between Himself and us. . . . I am a little god! ... I have His name. I’m one with Him. ... I am a little god! Critics, be gone!"

(Paul Crouch, ‘Praise the Lord’, Trinity Broadcasting Network, 7 July 1986).

"Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste ! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word," (Jes. 14:14,15).

 

Paul Crouch is die president van Trinity Broadcasting Network (TBN) in Amerika. Hierdie Christelike TV-stasie saai wêreldwyd uit en bereik so miljoene met hulle leringe. Die meeste van die pas aangehaalde predikers het wêreldwye roem verwerf juis deur Trinity Broadcasting Network. In TBN se Oktober 1996 nuusbrief, wy Crouch se vrou, Jan, uit oor ‘Moeder Maria’ wat aan haar verskyn het. ‘Maria’ het blykbaar ‘n perfekte roos aan haar oorhandig en haar, haar man en TBN bedank vir hulle volgehoue pogings om Protestante en Rooms-Katolieke byeen te bring. Kan jy sien waarheen is alles oppad.

 

Laat ons eerlik wees - in talle gevalle het ‘kerk’ (soos deur baie bedryf) vandag ‘n multimiljoendoller saak geword. Om hierdie rede spot die wêreld ook so met die Kerk. Dit is sekerlik een van die helderste tekens van die tyd. Die Woord waarsku al lank hierteen:

 

" ... sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!" (Miga 3:11).

 

In die laaste tyd was daar ook ‘n groot aantal eienaardige uitsprake deur bekende teoloë in Suid-Afrika. As daar ooit ‘n teken is dat ons die laaste uur betree het, dan is hierdie sekerlik dit.

Ons kyk na van hierdie mense se sienings en wat God in sy onfeilbare, wonderbare Woord, in antwoord daarop sê:

 

So sê die skrifgeleerde:

"Now is the time to go and select a married man and to negotiate with his wife to become part of that family - "

(Prof. C. Landman, Pretoria, in The Citizen, 15.01.99 met die opskrif, op die voorblad, ‘NGK prof calls for polygamy’).

 

Die Mormone glo ook aan poligamie of veelwywery en verder glo hulle ook dat Jesus en Lucifer halfbroers is.

Hierdie selfde vroulike teoloog het ook in 1990 die volgende oor die duiwel (en of hy werklik bestaan) kwytgeraak:

 

"Die duiwel is ‘n simbool of ‘n gesindheid by die mens, ... As jy aan die duiwel glo, gee jy aan hom mag en bestaan hy vir jou."

(Huisgenoot, 5 April 1990).

 

So sê die Here: "... die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele." (Matt. 25:41).

Hoekom sou God so ‘n vuur berei as daar geen duiwel is nie?

"Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val."

(Luk. 10:18).

Jesus Christus het hom self gesien, maar die professor reken skynbaar Hy praat nie die waarheid nie.

As daar nie ‘n duiwel is nie, waar kom al die duiwelaanbidding en Satanisme vandaan?

 

So sê die skrifgeleerde:

"Allah is nie ‘n ander God as die ware God nie, maar as’t ware ‘n swak foto van Hom;"

"Hoe menslik is dit om ‘n streep te trek deur die hele ryk erfenis van die Islam en hulle op te roep om alles te los en net soos ons te word?"

(Dr. W. Nicol, studenteleraar in Pretoria, in Beeld, 01.10.98).

 

So sê die Here:

"Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie." (1 Kor. 10:19,20).

 

Allah is die ou Maangod van die Arabiese wêreld. Vandag nog vind ons die halfmaan simbool op byna al wat ‘n landsvlag is van daardie area. Dr. Robert A. Morey verduidelik dit so helder in sy boek, The Moon-god Allah In the Archeology of the Middle East, 1994. Talle argeologiese opgrawings in daardie gebied bevestig dat die maangod al vir millennia lank daar aanbid word. In die Ou Testament lees ons baie van die son-, maan- en steraanbidding van die volke wat destyds rondom Israel woonagtig was en hoedat God Israel ernstig hierteen gewaarsku het (o.a. Deut. 4:19; Jer. 8:2). God is vandag nog presies dieselfde. Die boek bevat ook foto’s van ou tempels en kunswerke met inskripsies op rots en steen waar die maan as simbool op uitgebeeld word. Die Koran, heilige boek van die Islam, is ‘n mengsel van ou heidense godsdiens en so ‘n bietjie Bybelse agtergrond (bv. oor Abraham en Ishmael ens.). In die Koran lees ons in Sura 4:171 die volgende: "Die Messias, Jesus, die seun van Maria, is slegs ‘n boodskapper van Allah ... En sê nie: Drie-enige ... Dit is ver van sy heiligheid dat Hy ‘n seun sou hê." In Moslem moskees staan daar verder geskrywe: ‘God has no son, God has no son’.

In 1 Joh. 2:22,23 lees ons: "Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie."

As jy Jesus Christus ontken, ontken jy sy gestorte bloed aan die kruis en ontken jy dat jy ‘n Saligmaker en Verlosser nodig het. Die uiteinde hiervan is dat niemand eendag in jou plek voor die troon van God sal staan nie en die ewige verdoemenis, weg van die aangesig van die ware God, sal jou erfdeel word. God verwerp niemand van ander godsdienste nie. Nee, inteendeel, Hy roep met rykhalsende verlange na elkeen wat wil erken dat hy of sy velore is, om te kom drink van die lewende water soos moontlik gemaak deur Jesus Christus.

Verstommend hoedat so baie teoloë in Suid-Afrika deesdae glo dat die ander godsdienste eintlik maar dieselfde God as die Christene aanbid, maar dat hulle eintlik net so ‘n bietjie verward of mislei is oor presies wie Hy is en hoe Hy aanbid moet word. Hierdie teoloë het ‘n eienaardige nuwe siening dat die ander godsdienste ook weë na God is, maar al wat die Christelike godsdiens werklik anders maak, is dat dit die beste en regte weg na God is. Dit is ver van wat die Bybel ons oor die lewende God en sy Christus leer. Buitendien nooi die almagtige God niemand uit om hulle tot die Christendom te bekeer nie - dit is ‘n mensgemaakte instelling op aarde. Nee, redding kom wanneer jy jou tot ‘n Persoon bekeer, die Persoonlike God - Jesus Christus! Jou persoonlike verhouding met Hom deur sy Woord en die Heilige Gees is wat dit totaal anders maak as enige ander godsdiens van hierdie wêreld. Hy is ook die enigste God wat vir die ganse wêreld kom sterf het en weer uit die dood opgestaan het. Sy graf is vandag leeg! Geen ander godsdiens kan daarop aanspraak maak nie. Al die ander godsdienste van hierdie wêreld is ‘n poging van die mens om uit te reik na en kontak te maak met God. Die ware Christelike godsdiens van die Bybel daarenteen is God self wat uitreik na die onverdiende sondaar - absolute genade! Ja, genade op genade!

 

So sê die skrifgeleerde:

"Aan die einde van die twintigste eeu het daar ‘n versadigingspunt ontwikkel aan predikers wat soos godsdienstige agente elke lewensvraag met vooraf gepoleerde antwoorde afhandel. Daar is ‘n vraag na predikers ... wat hulle nie net met Bybelstudie besig hou nie en meer lees wat in die wêreld aangaan, predikers wat blyke daarvan gee dat hulle weggebreek het uit die eng subkultuur van die broederkring."

(Prof. J. Müller, Pretoria, in Die Volksblad, 10.02.99).

 

So sê die Here:

"Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord." (Kol. 4:6).

" ... wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is," (1 Pet. 3:15).

"Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan;" (Jos. 1:8).

 

So sê die skrifgeleerde:

"Mev. Botha wil weet of die beplande mikroskyfie in die hand of op die voorkop nie ‘n vervulling van die Skrifgedeelte is nie ... "

(Prof. F. Snyman, Bloemfontein, in Die Kerkbode, 5 Maart 1999).

 

Hierdie vrou het aan ‘n professor in teologie geskryf om aan haar te verduidelik wat die Bybel in Op. 13:16,17 (oor die merk van die dier) bedoel. Let op hoe hy haar vraag beantwoord. Hy ontken geensins dat daar wel ‘n mikroskyfie in die hand of op die voorkop sal wees nie. Hier is egter sy verklaring vir daardie bekende gedeelte in die Bybel:

"Openbaring is apokaliptiese [eindtydse] literatuur wat ‘n belangrike aanduiding is dat hier met beelde en simboliese betekenisse gewerk word. ‘n Letterlike verstaan is dus hier nie moontlik nie."

Wat gaan hy doen as daar so ‘n merk op mense afgedwing word - dit goedkeur? As die Bybel dus oor die eindtyd of toekomstige gebeure praat, moet ons besef dit word slegs ‘beeldend’ en ‘simbolies’ bedoel, is wat hy sê. Die tien plae van Egipte, die vuur en swael wat op Sodom en Gomorra gereën het en ander gedeeltes was egter wel letterlik van aard. Die boek Openbaring is vir talle ‘n geweldige struikelblok omdat dit kwansuis ‘n simboliese boek is. Die paar beelde en ook simboliese gedeeltes wat in hierdie laaste boek van die Bybel gebruik word, wys juis heen na letterlike gebeure.

Die professor se siening dat die merk van die dier dus net simbolies verstaan moet word, is baie ondeurdag . Die merk van die dier gaan verseker oor die mag van geld in individue se lewens, maar dit sal tot volvoering gebring word deur ‘n letterlike merkteken op die regterhand of die voorkop - net soos die Woord aandui.

(Sien inligting hieroor later in die boek).

 

"Ou Testamentici is dit byvoorbeeld lank reeds eens dat Gen. 1 tot 11 nie eksakte historiese gebeure beskryf nie."

(Prof. F. Snyman, Die Volksblad, 6 Mei 1999).

 

Dit was volgens ‘n berigskrywer ook die woorde van bg. professor in teologie - in reaksie op die TV-aanbieder, Ruda Landman, se aanmerkings oor die Bybel - dat sy nie meer in Adam en Eva, Jona en die vis ens. glo nie.

 

As dit so is, was die volgende net geestelike of simboliese gebeurtenisse:

 

- Die letterlike skepping (evolusie is dan die waarheid)

- Die sondeval (hoekom het Jesus dan kom sterf?)

- Die moederbelofte (oor die Verlosser - Gen. 3:15)

- Die vloed in die tyd van Noag (van "soos in die dae van Noag" bly dan ook nie meer veel oor nie)

- Die toring van Babel (baie gerieflik as jy ook nie aan ‘n letterlike

eindtydse Babiloniese sisteem, Op. 17 en 18, glo nie)

- Die geslagsregister van Jesus Christus in Luk. 3 wat teruggaan tot by Adam en wat ooreenstem met die een in Gen. 5 moet dan ook seker geestelik beskou word! Of hoe?

 

So sê die Here:

"Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?" (Joh. 5:46,47). Watter skokkende woorde is hierdie nie! Moses het die eerste vyf boeke van die Bybel geskryf - ook Genesis - ook hoofstukke 1-11, hier verwys Jesus self daarna. In Gen. 3:15 het Moses reeds van die komende Messias geskryf. In Matt. 19:4 verwys Jesus self na die skepping van Adam en Eva en hoe dit in die Woord uiteengesit is: "En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie," Dit klink redelik sterk na eksakte historiese gebeure! Dieselfde vraag as bg. kan maar weer aan menige skrifgeleerde van ons dag gerig word. Geloof is skaars in ons tyd, maar het Jesus nie juis gevra of Hy nog die geloof op aarde sal vind by sy wederkoms nie?

 

So sê die skrifgeleerde:

"Israel kan natuurlik nie as ‘n belofte van God terugkeer Palestina toe as hulle hulle nie bekeer het nie ... daarom kan [19]48, staat van Israel, nie deel van die profesieë wees nie. Dis ‘n doodgewone volk wat teruggekeer het."

(Prof. A. König, Pretoria, op CNW Televisie, 28 Maart 1999).

 

So sê die Here:

"Want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem. ... Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob [Israel]; maar hy sal daaruit verlos word. ... aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie. ... Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; ... en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers. ... En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees. ... aan die einde van die dae sal julle dit verstaan."

(Jer. 30:3,7,11,17,20,22,24).

 

Ons verstaan hierdie dinge vandag. Is Israel regtig soos ‘n doodgewone volk wat terugkeer? Noem een ander volk op aarde, op enige stadium van die menslike geskiedenis, wat soos die Jode na elke uithoek verstrooi is en wat na 1900 jaar van afwesigheid in hulle land, weer daarheen terugkeer. Daar bestaan nie so ‘n volk nie.

Hierdie professor het ook ‘n vreemde uitspraak gemaak oor elke Christen se heerlike eindbestemming, die hemel. Hier is sy woorde:

 

"... die Here vat ons nie weg van die aarde af nie. Dan het Hy mos eintlik in sy plan misluk ... As Hy nou uiteindelik hierdie wêreld moet stukkend skiet en ons moet hemel toe vat, dan het sy hele plan mos nou misluk."

 

Dit is op dieselfde TV program gesê. Dit was sy reaksie op ‘n vraag of daar ‘n wegraping gaan wees. Hy het toe uitgebrei dat ons net hier op aarde gaan bly en dat God dit net nuut gaan maak - ‘n gevaarlike siening as ‘n valse persoon gaan opstaan en verkondig dat hy die Christus is wat almal voor gewag het.

 

So sê die skrifgeleerde:

"Openbaring is nie vir vandag geskryf nie. Openbaring is geskryf vir mense wat in die eerste eeu gelewe het."

(Prof. E. Botha, Pretoria, op CNW Televisie, 28 Maart 1999).

 

Het die wederkoms (Op. 19:11-21) dan ook in die eerste eeu plaasgevind? Is dit ook net vir daardie mense geskryf?

 

So sê die Here:

" ... want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie ... en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels." (2 Tim. 4:3,4).

 

 

So sê die skrifgeleerde:

Die Bybel "is nie vir ons geskryf nie."

(Prof. S. Spangenberg, Pretoria, in Die Volksblad, 8 Junie 1999).

 

Die opskrif van die berig lees: ‘Bybel nie vir 20ste eeu se Christene geskryf’

Die man het ‘n nuwe boek geskryf, Perspektiewe op die Bybel, en hy wil nou hê dat ons meer ag moet slaan op sy menslike perspektiewe - sy woord - as op die onveranderlike, ewige Woord van God. Wat hy eintlik hierdeur probeer doen, is om homself as ‘n god aan te kondig. Hy gee sy mening van die Bybel, terwyl die Bybel eintlik lank gelede reeds God se mening oor hierdie man vir ons uiteengesit het. Hy sê verder dat die huidige geslag kinders, wat die Bybel en godsdiens betref, met gebrekkige 16 de eeuse sienings opgevoed word. Het ons dus meer nodig as die Bybel? Het ons sy onbybelse sienings ook nodig?

‘n Prof. J. le Roux van Pretoria is in dieselfde berig genoem dat hy gesê het dit is eintlik al ou nuus dat Moses nie die eerste vyf boeke van die Bybel geskryf het nie.

In Luk. 24:27 lees ons: "En Hy [Jesus] het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het."

In ‘n bespreking oor die boek wat by die Fakulteit Teologie van die UP gehou is, het teoloë tot die slotsom gekom dat:

 

"mense in God moet glo en nie in die eerste plek in die Bybel nie."

 

Hierdie is ‘n totaal vreemde god en as hy so los van sy woord staan, hoe weet jy wat gaan hy met jou doen as jy eendag in die moeilikheid is en na hom roep?

 

So sê die Here:

"IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God." (Joh. 1:1). In die begin, in die eerste plek was dit nog altyd so !

Hoekom hierdie mense nooit onder sensuur geplaas word nie, bly ‘n raaisel. Hulle gaan maar net rustig aan met hulle verderflike ketterye. Die grootste teenstand teen die Woord van God kom nou van binne die kerk - die wêreld kan hulle dit nie eers nadoen nie. Om te dink die meeste van bg. teoloë lei jong toekomstige predikante op! Watter verwarring moet daar nie heers nie? Hoekom ander leraars hulle so stilswyend aanhoor, is net so duister.

 

So sê die skrifgeleerde:

"Ek het probleme met die tradisionele sendingbenadering wat sê mense is verlore as hulle nie jou geloof deel nie. ... Moet ons nie liewer daarmee volstaan dat daar altyd ‘n variasie van godsdienste sal wees nie?"

(Prof. S. Spangenberg in ‘n berig met die titel: ‘Teoloog bevraagteken weg na saligheid’,

Die Volksblad, 16 Augustus 2000).

(Hier is absoluut geen wederkomsverwagting van enige aard nie.)

"As die Christelike geloof die enigste weg is, beteken dit dat net die mense wat in die tweeduisendjaar sedert Christus geleef het, God kon ken?"

Die probleem lê net hier. Die Christelike geloof is nie die weg nie, Jesus Christus is self die Weg !

 

Geen ander godsdiens het spesifieke profesieë oor hulle leiersfiguur gehad voor sy verskyning nie. Al die leiers van ander godsdienste het as mense gepoog om God te word. Die ware Christelike geloof is totaal anders, omdat dit God is wat mens geword het.

 

So sê die Here:

"So sê die HERE ... Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie. En wie roep soos Ek - laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê - ... laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur te kenne gee. ... Is daar ‘n God buiten My? ... Ek ken geeneen nie." (Jes. 44:6-8).

God weet nie van ander gode nie. Ander gelowe kan nie die toekomstige dinge te kenne gee nie - daar lê die groot verskil !

 

Al die genoemde en aangehaalde persone in hierdie gedeelte getuig dat hulle die Here ken, Hom dien en sy Woord verkondig.Ons het bloot gekyk na wat hulle sê en wat die Bybel sê. Duidelik is daar iewers groot fout.

Die tragiese is nou net dat hierdie mense se boeke, audio- en videokassette die ganse wêreld oorspoel. Miljoene daarvan word verkoop en so word die mensdom gebombardeer met hulle onbybelse leringe. Dit het reeds onberekenbare skade in die lewens van baie tot gevolg gehad. Die Woord leer ons duidelik dat ons nie alles en almal moet glo nie, maar dat ons te alle tye moet onderskei tussen goed en kwaad (1 Joh. 4:1; Fil. 1:9,10). Dit is juis deur kennis van die Woord dat ons kan onderskei. Daarsonder kan geen onderskeiding plaasvind nie.

In Jes. 5:20 lees ons: "Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis," Die Woord verklaar verder: "‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie," (Matt. 7:18 - juis in die konteks van valse profete). Die vraag is nou wat moet ons doen t.o.v. sulke geestelike leiers. In Rom. 16:17,18 vind ons die antwoord: "En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges."

 

Om op te som kan ‘n mens net die woorde van Paulus aan Timotheüs herhaal: "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang" (1 Tim. 4:1) en verder:

"want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in die gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels."

(2 Tim. 4:3,4).

 

 

VALSE CHRISTUSSE

 

Daar was deur die eeue al talle en talle valse Christusse, maar vandag is dit meer die geval as ooit tevore. Kyl na die volgende voorbeelde:

 

‘TV-KYKERS SIEN ‘JESUS SE GESIG’ IN ‘N WOLKEMASSA’

"Tientalle TV- kykers was oortuig daarvan dat hulle ‘Jesus se gesig’ op ‘n TV-beeld gesien het. Kort na die TV-uitsending van ‘n wolkemassa is CNN in Amerika deur telefoonoproepe oorval. Baie kykers was oortuig dat ‘Jesus se gesig’ duidelik in die wolkemassa te sien was op ‘n foto wat deur die Hubble-ruimteteleskoop geneem is."

(Rapport, 5 November 1995).

 

‘IRANIANS FLOCK TO ‘JESUS APPARITION’ ‘

"Large crowds have been gathering in front of a house in the Iranian capital ... after rumors spread about the apparition of Jesus Christ there."

Die berig gaan verder en vertel van ‘n beeld van Jesus met ‘n baard, in wit geklee en met ‘n staf in die hand wat daar teen die muur van ‘n huis in Teheran verskyn het. Dit is interessant dat die beeld ook net in die nag verskyn het (The Citizen, 27 Desember 1995).

Die Woord sê egter "As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of Daar! - moet dit nie glo nie." en "As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn - moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie" (Matt. 24:23 en 26).

Dit is nie hoe Christus gaan kom nie. Nee, Hy gaan in die wolke kom om die na Hom te neem wat aan Hom behoort ! (1 Thess. 4:16,17).

 

In ‘n berig van BBC News, 24 Desember 1999, word vertel van die groot getal messiasse wat hulle verskyning in Israel maak. Daar word genoem dat talle mense hulleself as Christus sien, sommige as Moses, ander as Elia en ander weer as Maria, Dawid of selfs Simson. Mense neem linne uit hulle hotelkamers, draai hulle daarmee toe en loop so in die strate van Jerusalem. Dokters daar noem dit die sg. ‘Jerusalem sindroom.’ ‘n Dokter word aangehaal waar hy vertel hoedat hy self al verskeie ‘Christusse’ moes behandel. In die lig hiervan vra die berig verder ook dat as die ware Messias sou verskyn (soos wat baie Jode tans voor wag), sou hulle hom dan erken as die Messias? Hoe sal hulle weet wie is die regte een?

 

Kyk ook na die volgende berig:

 

‘RECORD NUMBER OF FALSE MESSIAHS’

"There's been a boom in false "messiahs." The number of self-appointed religious saviors has never been greater than today, when more than 1500 people claim to be an incarnation of Jesus Christ, German missions expert Johannes Reimer told idea, a German publication.

...The Russian spiritual leader Vissarion is an example of a self-appointed messiah, Reimer said, according to idea. About 10 million Russians follow this founder of the Church of the Last Testament."

(Religion Today News, 14 Julie 2000).

 

 

OORLOË

 

In Matt. 24:6 het die Here gesê: En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë."

 

Tot ongeveer 1948 is die meeste oorloë op aarde geveg tussen die groot nasies. Dink maar aan Frankryk teen Duitsland en Engeland teen Frankryk, ens. In die twee wêreldoorloë van hierdie eeu was dit ook nasie teen nasie. Daar was Japan teen Amerika en andersom. Duitsland teen die ander lande en so meer. In die dag waarin ons leef, het daar egter ’n interessante, dog ooglopende klemverskuiwing plaasgevind as dit by oorloë kom. Die oorloë of opstande wat oor die laaste klompie jare asook tans in die wêreld aan die gang is, is nou baie spesifiek etnies van aard. Dink maar aan Bosnië Herzegovina en Kroasië en ook Serwiërs en Bosniërs teen mekaar in dieselfde grondgebied - etnies. Serwiërs en Albanese in Kosovo - etnies. Noord- en Suid-Korea - etnies. Noord-Ierland (Katolieke teen Protestante) - etnies. Algerië en Morokko (Moslem ekstremistiese groepe) - etnies. Rwanda - etnies. Burundi - etnies. Die Kongo - etnies. Zaïre - etnies. Angola - etnies. Mosambiek - etnies. Suid-Afrika (veral Kwazulu-Natal) - etnies. Wat is nou so belangrik hieraan, mag dalk gevra word. Het jy geweet dat die Griekse woord wat in Matt. 24:7 met nasie vertaal is, die woord ethnos is? Daar lees ons: "Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander;" Dit dui spesifiek op etniese geweld en oorloë. Hoeveel bloed is nie al deur hierdie tipe geweldpleging in die wêreld vergiet nie? Die Here Jesus Christus het in sy alwysheid en vol van die Heilige Gees duidelik vooruit gesien dat dit hierdie tipe oorloë sou wees wat kort voor sy wederkoms op aarde sou heers.

Die etniese oorlog wat steeds woed in Rwanda en Burundi het reeds meer as ‘n miljoen lewens geëis in die laaste dekade.

In 1998 was daar konflikte en oorloë in meer as ‘n kwart van die state van die Afrika vasteland.

Internasionale wapenhandel in 1999 het $809 miljard beloop.

(Military Balance, International Institute of Strategic Studies, 2000).

In 1998 alleen het daar 27 oorloë op aarde gewoed - meestal etnies (G. Streeter, Britse parlementslid, Millennium Alert, Maart 2000).

In die jaar 1999 was daar ‘n rekord getal oorloë wêreldwyd:

"the number of wars fought worldwide increased significantly in 1999, when there were no fewer than 40 armed conflicts being fought on the territories of 36 countries. ..".

(Vatican Information Service, 7 Oktober 2000).

Ons leef in ‘n vreemde wêreld waar oorloë selfs goeie nuus kan wees vir sekere groepe. Die hervatting van die oorlog in Angola was volgens ontleders blykbaar goeie nuus vir die diamantreus De Beers. Dit het diamantpryse laat styg (Die Volksblad, 4 Maart 1999).

 

‘n Ander gedeelte in Matt. 24 wat duidelik aansluit by die hele kwessie van oorloë is die volgende: "En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie;" (Matt. 24:22).

Die Britse premier, Tony Blair, het einde 1998 ‘n uitspraak gemaak wat hierdie profetiese woorde van Matt. 24 sonder twyfel bevestig vir ons geslag. In Die Volksblad van 18 Desember 1998 lees ons:

 

‘IRAK SOU WÊRELD SE BEVOLKING 3 KEER KON UITWIS - BLAIR’ en dan "Irak het genoeg wapens vir chemiese en biologiese oorlogvoering vergader om die wêreld se bevolking drie keer uit te wis, sê die Britse premier, Tony Blair. Die inligting is versamel uit ondersoeke deur die Verenigde Nasies se inspeksiegroep Unscom," Hierdie is ‘n verreikende waarheid. Die huidige geslag op aarde is die eerste in die geskiedenis van die mensdom wat oor die wapens beskik om die hele wêreld se bevolking te kan uitwis sodat "geen vlees" gespaar sou wees nie. ‘n Duisend jaar of selfs ‘n honderd jaar gelede sou so ‘n gedagte verregaande wees, maar nie vandag meer nie. Dit is maar sedert 1945 dat kernwapens bestaan. Dit is een van die helderste en sekerste bewyse dat ons geslag die einde van die dae bereik het en dat God binnekort gaan ingryp.

 

 

HONGERSNOOD

 

"en daar sal hongersnode wees... "

 

Daar is tans hongersnode in die wêreld wat verreikende gevolge kan inhou as daar nie vinnig iets daadwerkliks aan gedoen word nie. Die vraag is nou net of top wêreldleiers regtig iets daaraan wil doen. Dit mag vreeslik klink, maar dit is vandag ’n wesenlike saak waaraan gedink moet word. Ons hoor gereeld van die groot bekende nasies wat tonne en tonne voedsel na die hongergeteisterde lande versend om hulle in hulle nood uit te help. Talle verslae kom egter ook in die nuusmedia deur dat die mense op die grond nooit hierdie kos sien nie. Roofbendes of selfs die regeringslui van daardie lande (baie keer terroristegroepe) raap baie keer die voedsel op om dit weer te kan verkoop. Die krisisse in Ethiopië, Somalië en ander Afrika lande is reeds baie berug. In Soedan was daar teen Oktober 1997 reeds 2,5 miljoen mense wat geheel en al van internasionale skenkings afhanklik was om te kan oorleef (Die Volksblad, 2 Oktober 1997). Uit Lusaka is ook in 1998 berig dat 800 000 Zambiërs akute hongersnood beleef en dus ’n hongerdood in die gesig staar (The Citizen, 28 Januarie I998). Hierdie is groot getalle mense.

In Noord-Korea is die situasie reeds geruime tyd al kritiek. Daar is al programme op TV gebeeldsend om die bewoners van die land in te lig oor watter grassoorte hulle kan eet.

Op 31 Augustus 1999 het CNN berig dat tot 3,5 miljoen mense in Noord-Korea al reeds van die honger omgekom het - dit net sedert 1995. Hierdie dinge gebeur so sonder dat die meeste mense ooit daarvan bewus is. In Op. 6:5,6,8 lees ons van die ‘swart perd’ wat vroeg in die verdrukkingstyd na vore sal kom en juis hoedat hongersnode deel sal wees van daardie swaar tyd.

Die wêreld is vandag terdeë bewus daarvan dat weerpatrone in die laaste tyd drasties verander het. Of dit nou te wyte is aan die El Nino verskynsel en of daar doelbewus mee gepeuter word, maak nie saak nie, dit het ‘n direkte uitwerking op die aanplanting van voedselgewasse. Dit is nie te betwyfel dat die aarde oor die nodige natuurlike hulpbronne beskik om genoegsame voedsel vir die aarde se biljoene te produseer nie, maar daar is ander faktore wat ook hier ter sprake kom. Dit sluit o.a. die weer in soos reeds genoem; ‘n verskeidenheid peste wat gewasse vernietig; of mense die kennis het om voedsel te verbou en te verwerk; of hulle dit wil doen en of hulle toegelaat word om dit te kan doen. Dat die wêreld egter vandag ‘n hongersnood in die gesig staar, is nie te betwyfel nie. Daar word in die laaste tyd baie gesê en geskryf oor hierdie saak, net om weer te wys dat God se Woord in ons tyd letterlik waar word. Hierdie saak egter het in ons dag ‘n kwessie geword wat ernstig opgeneem moet word. Volgens die tydskrif Business Week (12 Februarie 1996), lyk dit glad nie goed nie: "global supplies of rice, wheat, corn and other key commodities have dwindled to their lowest levels in years" ‘n Verslag wat aan die Amerikaanse Kongres voorgelê is, het die volgende uitgewys: "The world’s grain harvest has not increased in any of the last five years, and since 1992 world grain consumption has exceeded production ... this year for the first time since World War II - there are basically no surplus stock in government-owned reserves." (Congressional Record, 15 November 1995).

Bioloë aan die Universiteit van Stanford in die VSA, sê dat vyftig jaar gelede "most regions of the world were self-sufficient in food production, and many exported grain. Since then, for various reasons, the pattern has dramatically changed; more than 100 nations now import grain from the United States, Canada, Western Europe, Australia and a few other surplus producers ... Nearly all developing nations have become dependant on grain imports to keep their populations adequately fed ..." (Healing the Planet, 1991). ‘n Voorbeeld van hierdie benarde stand van sake is China, die land met die meeste mense ter wêreld. In net twee jaar, "China turned from exporting grain to Japan [8 million tons] into the world’s second largest grain importer [16 million tons]" (World Press Review, Maart 1996). Enige iemand met ‘n bietjie logika kan sien dat hierdie situasie nie vir altyd so kan voortduur nie. Dit is besig om in ‘n krisis te ontaard, net soos wat die Bybel voorspel het. Daarom skryf die tydskrif The Economist (25 November 1995), tereg dat "after a quiet few decades, talk of a world food crises is again in the air" en Agricultural Outlook, (April 1996) praat van "an imminent food security crisis" wat voor die deur is. Terwyl dit nog egter relatief goed gaan in baie lande, klink dit vir die meeste na iets wat nooit in ons geslag ‘n werkilkheid sal word nie. Die feit van die saak is, dit is byna hier. Die tyd van groot verdrukking kom en niemand kan dit keer nie.

Die Verenigde Nasies het onlangs ‘n verslag die lig laat sien waarin hulle verklaar dat byna 20 miljoen mense net in Oos-Afrika alleen tans ernstige hongersnood beleef (The Citizen, 17 Augustus 2000).

Daar word nou bereken dat tot 60 000 mense per dag sterf weens hongersnood (G. Streeter, Britse parlementslid, Millennium Alert, Maart 2000).

Volgens ‘n onlangse verslag van Earthwatch is 1 uit elke 6 mense nou altyd honger (Die Volksblad, 27 Mei 2000). Dit beteken dat 1 000 miljoen of 1 miljard mense nou altyd honger is.

Volgens ‘n nuwe VN verslag is daar tans 1,2 miljard (eenduisend tweehonderd miljoen) mense op aarde wat moet leef op minder as $1 per dag. Een derde van die ganse wêreldbevolking leef verder volgens hulle in ekstreme armoede en dus reeds in of op die punt van hongersnood (The Citizen, 21 September 2000).

Die Woord het dit voorspel vir die laaste dae. Dit was nie maar altyd so nie. Die ergste lê egter nog voor die deur. (Op. 6:8).

 

PESSIEKTES

 

" ... en pessiektes ... "

 

Hier moet weereens daarop gewys word dat die nuwe Afrikaanse vertaling die woord ‘pessiektes’ onverklaarbaar uitlaat in Matt. 24:7. Is dit moontlik omdat hierdie teken van die tyd net eenvoudig nie weggewens of ooit vergeestelik sal kan word nie?

Enigeen wat wil ontken dat die mediese wetenskap vandag op die verste ontwikkelingspunt in die geskiedenis is, sal baie gou deur die medici self reggehelp word. Dit is ’n absolute onbetwisbare feit. Wat egter net so ’n groot feit is, is dat daar nog nooit so ’n fel stryd teen so ’n magdom verskeidenheid virusse en infeksies op dieselfde tydstip aan die woed was nie. Die medici kan nie anders as om dit openlik te erken nie en doen dit dan ook. Kyk na die volgende opskrlfte van artikels oor die terugkeer van ernstige siektes:

 

‘WONDERMDDELS WERK NIE MEER’; ’SUPERKIEME, TERUG NA ’N AAKLIGE TOEKOMS’ en ‘‘N OU SIEKTE KOM KUIER WEER’

(Lg. oor tuberkulose). Oorweeg verder die volgende in hierdie verband: "Antibiotika kan nie meer die wêreld red nie. Gewone aansteeklike siektes, wat tot vroeg in hierdie eeu nog jaarliks miljoene mense uitgewis het, bedreig nou weer die mensdom. Dis siektes soos griep en longontsteking, masels en cholera en ander diarree-siektes, sekere vorms van voedselvergiftiging, tuberkulose, breinvliesontsteking (meningitis), malaria, builepes, en hepatitis B (lewersiekte) wat met hernieude krag teruggekom het om ons af te maai. ’n Derde van alle sterftes in 1995 was te wyte aan die siektes, sê die Wêreld- Gesondheids-Organisasie (WGO)." Prof. Lafras Steyn van die departement mediese mikrobiologie aan die Universiteit van Kaapstad stel die waarheid oor teenmiddels baie duidelik: "Geen nuwe klas van antibiotika kon in die laaste twintig jaar ontwikkel word nie." Nuwe soorte antibiotika wat vandag beskikbaar word, is hoogstens permutasies van bestaande soorte (lnsig, Julie 1996).

Die Insig tydskrif van Januarie 1999 het weereens hieroor berig en genoem dat mediese navorsers nou van die jaar 2007 praat as D-dag, omdat hulle nie vinnig genoeg nuwe antibiotikas kan ontwikkel nie.

Dan is daar ook nog die siektes of peste wat vee (voedsel vir die mens) getref het. In die bekende geval van die ‘mad cow’ of malkoei siekte, is daar in Engeland alleen teen die einde van 1996 reeds 2,3 miljoen beeste van kant gemaak wat die siekte onder lede gehad het (The Citizen, 25 Augustus 1997). In die VSA was soortgelyke optredes nodig om hierdie uiters gevaarlike situasie onder beheer te hou. As dit so aanhou kan dit verreikende gevolge vir die mensdom inhou en hongersnode ook in die Westerse wêreld meebring.

Daar word ook tans groot hoeveelhede vis gevind wat sterf aan dodelike virusse.

In Rusland, net in 1997 alleen, is 392 000 Russe met syphilis besmet. Die syfer onder kinders jonger as 14 jaar het in net een jaar met 31 % toegeneem. Dit is hoe dit lyk in demokratiese Rusland nadat al wat vuil is uit die Weste daar verwelkom is (The Citizen, 3 Februarle 1998).

 

Dan moet ook na die dodelike siekte vigs gekyk word. As dit nie God se oordeel is oor ’n sedelike en moreel vervalle mensdom nie, dan sal net die oordeelsdag die teendeel kan bewys. In Rom. 1:27 sien ons egter duidelik dat elkeen wat "skandelikheid bedrywe ... in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang."

Bestudeer gerus die volgende statistiese gegewens oor hierdie siekte en besluit dan self of dit maar net ’n ‘gewone’, ‘normale’ en ‘natuurlike’ verskynsel is:

 

Southern Life in SA het aangekondig dat 35 % meer mense met die HIV virus in 1995 by hulle aansoek gedoen het vir lewensversekering in vergelyking met die vorige jaar (The Citizen, 21 Junie 1996).

Meer as 1600 Suid-Afrikaners word nou daagliks met hierdie virus besmet (Die Volksblad, 5 Mei 1999).

In Zimbabwe het daar al in 1999 reeds 240 mense per dag aan Vigsverwante siektes gesterf. Dit verteenwoordig 1680 mense per week. By hospitale word daar nou 24 uur per dag afgestorwe liggame verwyder. (The Citizen, 23 Junie 1999)

In die Oos-Londen area, SA, is daar reeds meer mense positief getoets vir die vigs-virus as in die hele Australië en Nieu-Seeland tesame. (The Citizen, 28 Junie 1999).

Sedert 1990 het die vigs-epidemie in Suid-Afrika dertigvoudig toegeneem. 3,6 miljoen Suid-Afrikaners is reeds positief getoets vir die virus. (Die Volksblad, hoofartikel, 2 Julie 1999).

Hierdie is net die gevalle wat amptelik aangemeld is of dan inligting wat amptelik verwerk is.

In Suid-Afrika alleen het die persentasie HIV positiewe mense vanaf 0,22% in 1988 toegeneem tot ‘n ontstellende 32,8% van die populasie in 1999. Hierdie syfers is deur die Departement van Gesondheid bekend gemaak (Netnews, 5 Julie 2000).

Die Vigs virus het sedert die uitbreek daarvan al die lewens van nagenoeg 12 miljoen bewoners van die vasteland van Afrika geëis. (The Citizen, 20 Junie 2000).

 

Malaria is ‘n ander siekte wat ‘n nog groter tol eis. Daar sterf nou daagliks 3000 kinders onder die ouderdom van 5 jaar aan malaria wêreldwyd. "Elke dertig sekondes sterf ‘n kind aan malaria." Ongeveer 500 miljoen gevalle van akute malaria is in 1999 wêreldwyd aangemeld - dit is vyf keer meer as Vigs, tuberkulose, masels en melaatsheid tesame! (Beeld, 25 April 2000).

 

Huidiglik sterf daar 13 miljoen mense per jaar aan siektes wêreldwyd. Volgens die Rooi Kruis se jongste World Disaster Report, het hierdie getal mense in 1999 a.g.v. epidemies omgekom.

Wat Vigs en die HIV virus betref, word 15 000 mense oor die wêreld heen daagliks daarmee besmet.

Sedert 1945 het 150 miljoen mense aan pessiektes soos Vigs, malaria en tuberkulose gesterf.

(The Weekend Australian, 8-9 Julie 2000).

Deut. 28:58,59 het ons alreeds hieroor gewaarsku.

 

 

AARDBEWINGS

 

" ... en aardbewings op verskillende plekke"

 

Dat daar nog altyd aardbewings was, kan seker nie weggeredeneer word nie. Dit is dan ook glad nie die punt waarvan hier uitgegaan word nie. Ons moet egter ook onthou dat seismografiese toerusting (vir die meet van aardbewings) beslis nie eers in hierdie eeu vir die eerste keer ontwikkel is nie. Die eerste seismograaf is waarskynlik reeds in 132 n.C. deur die Chinese filosoof Chang Heng ontwerp. Aardbewings word dus al vir geruime tyd amptelik gemeet.

Wat verder wel waar is, is dat die aantal stasies waar aardbewings geregistreer kan word, in hierdie eeu drasties toegeneem het. In 1931 was daar omtrent 350 sulke stasies oor die wêreld en vandag is daar reeds meer as 4 000 stasies waar data oor aardbewings d.m.v. teleks, rekenaar en satelliet ontvang word. Daarom is dit ook noodwendig so dat daar vandag baie meer mense in die wêreld is wat bewus is van aardbewings. God het mos juis gesê dat dit ’n teken van sy koms sal wees en Hy maak seker dat niemand ’n verskoning sal hê nie. Oor die eeue heen was aardbewings nog altyd ’n saak wat mense aan sy koms herinner het en vandag is dit net soveel te meer die geval. Ons moet verder te alle tye besef dat ons met ’n volmaak regverdige God te doen het. Hy gee almal ’n ewe goeie kans om te verstaan dat Hy ’n waarmaker van sy Woord is en dat Hy presies doen wat Hy vroeer in sy Woord laat opteken het. Dit is juis ook hieraan dat ons weet dat dit die lewende God is waarmee ons te doen het. Nog nooit was daar soveel berigte oor aardbewings in die media nie en nog nooit kan soveel mense tegelykertyd seker wees dat die wederkoms van Jesus Christus op hande is nie. Vervolgens ’n kykie na die huidige gemiddelde jaarlikse voorkoms van aardbewings in die wêreld:

 

Reuse aardbewings 8 en hoër op die Richterskaal - 1

Baie groot 7 - 7.9 - 18

Groot 6 - 6.9 - 120

Medium 5 - 5.9 - 800

Lig 4-4.9 - 6200 (na skatting)

Klein 3 - 3.9 - 49 000 (na skatting)

Baie klein < 3.0 2 - 3 ongeveer 1 000 per dag

Baie klein 1-2 ongeveer 8 000 per dag

(Statistieke soos op 14 Oktober 1997).

 

Die volgende is statistieke oor die voorkoms van baie groot aardbewings die afgelope 28 jaar.

Die gemiddelde vir hierdie tipe aardbewings van 7.O - 7.9 op die Richterskaal was 13.64 per jaar vir hierdie 28 jaar periode:

1969 - 15 1970 - 20 1971 - 19 1972 - 15 1973 - 13 1974 - 14 1975 - 14 1976 - 15 1977 - 11 1978 - 16 1979 - 13

1980 - 13 1981 - l3 1982 - 10 1983 - 14 1984 - 08 1985 - 13 1986 - 05 1987 - 11 1988 - O8 1989 - 06 1990 - 12

1991 - 11 1992 - 23 1993 - 15 1994 - 13 1995 - 22 1996 - 20

In 1992 was dit dus ’n rekordjaar vir baie groot aardbewings en in 1995 en 1996 was dit ook ver bo die gemiddelde.

In ‘n opsomming van 1999 se aardbewing aktiwiteite kom dit aan die lig dat daar ook veel meer groot aardbewings was as die verwagte jaarlikse gemiddelde - 20 groot aardbewings (7.0 - 7.9) is in 1999 geregistreer. Daarmee saam was die getal ongevalle dubbel so groot soos die verwagte jaarliks gemiddelde - 22 000 mense het omgekom in aardbewings in 1999.

Dit is interessant om daarop te let dat die gedeelte in Luk. 21:11 spesifiek verklaar:

 

"En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees."

 

Die voorkoms van reuse aardbewings gedurende hierdie selfde 27 jaar periode lyk soos volg:

Die gemiddelde vir hierdie tipe aardbewings van 8.0 en groter op die Richterskaal is 1 per jaar)

1969 - 1 1970 - 0 1971 - 1 1972 - 0 1973 - 0 1974 - 0 1975 - 1

1976 - 2 1977 - 2 1978 - 1 1979 - 0 1980 - 1 1981 - 0 l982 - 1 1983 - 0 1984 - 0 1985 - 1 1986 - 1 1987- 0 1988 - 0 1989 - 1 1990 - 0

1991 - 0 1992 - 0 1993 - 1 1994 - 2 1995 - 3 1996 - 1

(Lg. statistieke is soos bereken op 2 Desember 1997). Hier kan ook dadelik gesien word hoedat hierdie tipe (reuse) aardbewings oor die laaste vierjaar periode vanaf 1993 - 1996 verhoog het tot 7 teenoor die slegs 1 in die vorige vierjaar periode vanaf 1989 - 1992.

 

Die groep aardbewings wat egter die vinnigste toeneem in ons tyd is die aardbewings van 6.0 - 6.9 op die Richterskaal. Daar is baie meer van hulle per jaar as van die tussen 7.0 - 7.9 en baie mense sterf jaarliks in hierdie tipe aardbewings.

‘n Ander baie insiggewende feit oor die voorkoms van aardbewings is die volgende: Uit ‘n lys van die mees vernietigende aardbewings van alle tye (aardbewings waarin minstens 50 000 mense gesterf het) kom dit na vore dat 10 van hierdie 21 aardbewings net in die 20ste eeu alleen voorgekom het.

Die eerste een van hierdie 21 aardbewings het reeds in 856 n.C. voorgekom. Daar was dus duidelik ‘n toename in hierdie soort aardbewings in die laaste millennium.

Die ander verstommende feit rondom hierdie tipe vernietigende aardbewings is dat nie een van hierdie 21 aardbewings waarin 50 000 mense of meer omgekom het, in ‘n Christelike (Protestantse) Westerse land voorgekom het nie. Die meeste van hierdie aardbewings was in China (die land van die draak, waar die heel grootste een in 1556 was toe 830 000 mense gesterf het) en die Arabiese nasies soos Iran, asook in Rusland en omstreke. Een was in Japan en vyf was in Rooms-Katolieke lande soos Italië (3), Portugal en Peru. Lg. lande is bekend vir Maria-aanbidding. Hierdie statistiese feite kan nie weggewens word nie en kan onmoontlik aan toeval toegeskryf word.

(Al bg. gegewens is van die United States Geological Survey en die National Earthquake Information Center, VSA - 1998 en 12 Mei 2000).

 

 

REKORD NATUURRAMPE

 

In 1999 was daar ‘n rekord 755 natuurrampe in die wêreld. In 1998 was daar 702 en in 1995 omtrent 600. Verlede jaar was daar o.a. 255 windstorms, 190 vloede, 111 geologiese katastrofes soos groot aardbewings en vulkaanuitbarstings. Ten minste 70 000 mense het in 1999 gesterf in natuurrampe en die ekonomiese verlies was sowat R700 miljard. Die ekonomiese uitwerking van natuurrampe het vanaf 1987 tot 1997 agtvoudig toegeneem. Volgens die internasionale herversekeringsmaatskappy, Munich Re, is 1999 gekenmerk deur al meer en al hoe ernstiger natuurrampe (Bloemnuus, 21 Julie 2000).

Dit is soos geboortepyne - net soos die Skrif voorspel !

In Luk. 21:25 lees ons in verband met natuurrampe: "En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom."

 

 

EKOLOGIESE VERVAL EN DIE WÊRELDBEVOLKING

 

Die tydskrif Worldwatch het onlangs ‘n skokkende aankondiging gedoen. Een uit elke vier (‘n kwart) van die wêreld se werweldiere (voëls, soogdiere, reptiele, amfibieë en visse) is naby uitsterwing of het reeds uitgesterf. (Die Volksblad, 27 Mei 2000).

Die volgende byna ongelooflike inligting oor die aarde se koraalriwwe verdien verseker ook ons aandag:

 

"More than a quarter of the world's coral reefs have been destroyed by pollution and global warming, ... They warned that unless strong measures are taken, most of the remaining reefs could be dead in just 20 years. In some of the worst hit areas, such as the Maldives and Seychelles islands in the Indian Ocean, up to 90 percent of coral reefs have been killed during the past two years due to rises in water temperature. Coral reefs play a crucial role as an anchor for most marine ecosystems, and their loss would place thousands of species of fish and other marine life at risk of extinction."

(Associated Press, 24 Oktober 2000).

Die wêreldbevolking het ook sedert 1970 verdubbel ! Dit in net 30 jaar ! Daar is nou 6,055 miljard mense op die planeet Aarde. Interessant dat ons die getal 6 miljard juis bereik het na ongeveer 6000 jaar van menslike geskiedenis. Om te dink die eerste miljard is maar eers teen 1850 bereik en in die volgende 150 jaar alleen is nog 5 miljard mense by die wêreldbevolking bygevoeg. Die wêreldbevolking groei nou teen 76 miljoen per jaar oftewel 145 mense per minuut ! Dit is die amptelike groeisyfer, m.a.w. nadat die sterftesyfer reeds in berekening gebring is.

Dit is tog baie duidelik en ooglopend dat dinge nie vir baie lank meer so kan aanhou nie. Hoe meer mense daar op aarde is, hoe groter in omvang word al die probleme soos siektes, hongersnode ens.

(Die Volksblad, 27 Mei 2000; The Citizen, 21 September 2000).

 

 

SWAAR TYE IN DIE LAASTE DAE

 

Die ontsaglike eskalasie in geweld oor die wêreld heen, het God geensins onverhoeds betrap nie. Die tragiese situasie in die wêreld wat so baie mense mismoedig maak, het die Here van hemel en aarde hoegenaamd nie verras nie. Nee, dit is ook nie Hy wat beheer verloor het of moed opgegee het met die mensdom nie. Al hierdie dinge wat voor ons oë plaasvind, is reeds duisende jare gelede vooruit geprofeteer.

As daar nou een teken van die naderende wederkoms is waaroor niemand sal kan stry nie, is dit die feit dat misdaad en geweld dramaties toegeneem het in die laaste aantal jare. Dit is ‘n fenomeen wat wêreldwyd opgemerk word. Suid-Afrika het verseker 15-20 jaar gelede nie so ‘n vlaag misdaad soos die huidige geken nie. Dit is buitengewoon. Ons kan met gemak sê dat die wêreld vandag vol geweld is.

In Gen. 6:11,13 was daar ‘n soortgelyke situasie op hierdie aarde. Ons lees daar: "Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld. ... En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld."

God het op daardie stadium berou gehad dat Hy die mens gemaak het en moes deur die sondvloed alle vlees, behalwe Noag en sy gesin, uitwis. Hy het egter belowe om dit nooit weer deur water te doen nie, maar wel volgende keer deur vuur. In 2 Pet. 3:7 lees ons dat "die teenswoordige hemele en die aarde ... word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense."

Net soos in die dae van Noag sal God dus nie vir altyd hierdie sinnelose geweldskultuur voor sy aangesig laat voortbestaan nie. Dit gaan vinnig en daadwerklik beëindig word. Ons sien in Matt. 24:37-39 dat die dae van Noag herhaal sal word aan die einde van die tyd en dat soortgelyke omstandighede op aarde sal heers as wat in daardie dae geheers het. Dit sal die situasie op aarde wees kort voor die wederkoms van Jesus Christus. Hy self sal kom en die geweld tot ‘n einde kom bring. Daarna sal daar nooit weer so ‘n toestand op aarde wees nie.

Ons weet maar alte goed dat die huidige stand van sake nie normaal is nie. Dit is buitengewone omstandighede wat aan die orde van die dag is. Mense in SA en oral oor die wêreld word daagliks sinneloos vermoor. Sedert 1994 (in SA) is meer as ‘n 1000 polisiemanne alleen vermoor (The Star, 6 Augustus 1998 - hoofberig op die voorblad). Tienduisende mense is ook in die tyd in ons geliefde land gedood op allerlei wreedaardige maniere.

In 1998 alleen is 18 000 mense in SA vermoor. Dit beteken ‘n gemiddeld van 1 500 mense per maand en ‘n gemiddeld van 50 per dag! (Voorblad van The Citizen, 19 Januarie 1999).

Ons hoor elke dag in die nuus van nog gevalle. Dit is asof dit net erger word en of geen einde daaraan in sig is nie.

Kyk hierna, "Vir elke drie misdade wat in Suid-Afrika gepleeg word, is een ‘n geweldsmisdaad." En "Uit ‘n 1 000 misdade word net 450 aangemeld." Nie eers die helfte word dus aangemeld nie (Die Volksblad, 17 September 1998). Uit Amerika word ook die volgende berig: "A recent study found that 61 percent of TV shows depicted violent acts in 1997. Viewers see an average of six acts of violence per hour." (Light, Mei/Junie 1998). Die geweldskultuur van ons dag word sonder enige twyfel aangevuur deur die televisie-programme van die ‘moderne’ negentigs. Geweld is egter nie net ‘n illusie op TV nie, maar ‘n absolute realiteit in ons samelewing.

Daar is deesdae ook talle gewelddadige rekenaarspeletjies vir kinders. In Nederland het die regering ingegryp om te verhoed dat die rekenaarspeletjie, Carmageddon (sinspeling op Armageddon), aan kinders jonger as 16 jaar verkoop word. In die speletjie word punte o.a. toegeken vir die ‘doodry’ van voetgangers soos ou mense, kinders en diere (Die Volksblad, 14 November 1998).

Hierdie dinge is verskriklik en maak die lewe vir die meeste baie onaangenaam. Daar is min mense wat nog ‘n werklike vreedsame bestaan kan geniet. Dit is egter die goeie nuus, want dinge gaan nog verder versleg.

God het hierdie tendense in sy alwysheid reeds vooruit gesien en dit ook in sy Woord laat opteken as ‘n teken van sy nabye koms. In Matt. 24:10 lees ons oor die tekens van die tye en ook spesifiek hierdie woorde: "En dan sal baie ... mekaar haat." en in vers 12 "En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel." Hierdie dinge moet dus gebeur en dit gaan verseker eskaleer.

Ons lees ook in 2 Tim. 3:1-4 die volgende in hierdie verband: "MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; ... "

Daar is baie ellende op aarde, maar die mens is self verantwoordelik vir die stand van sake. Aborsies is natuurlik ‘n ander ontsaglike gruwel van ons tyd. Net in die eerste twee jaar sedert aborsie wetgewing in SA goedgekeur is, is 70 000 aborsies reeds gedoen (The Citizen, 30 Junie 2000). Sommige bronne praat al van meer as 150 000 aborsies wat in SA gedoen is ! Ons geslag is meer as ooit tevore ‘n geslag ‘sonder natuurlike liefde.’ Die oordeel van God hang ook sonder die geringste twyfel oor hierdie sondebelaaide wêreld.

So het God gesê sal dit wees en so is dit. Ons kan dit nie verander nie, maar hierdie tyd sal van korte duur wees en sal vir ewig nie weer terugkeer nie. Tye van vrede en verkwikking voor die aangesig van die Here is op hande. Die goeie dae is naby. Ons oë moet op Christus wees - Hy is ons komende Vredevors. In Psalm 34:8-11 lees ons hierdie lieflike troosvolle woorde: "Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil ! Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie. ... maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie."

 

 

PAGANISME AAN DIE TOENEEM

 

Die volgende baie onlangse inligting toon vir ons aan hoedat paganisme (heidense godsdiens) en towery hand oor hand toeneem in die wêreld:

 

"More than 100 young people, mostly girls, approach the Pagan Federation in the UK each month for advice on witchcraft, the interest of many of them stirred by children's television programs and books relating to the subject.

The September edition of a monthly Christian magazine, Youthwork, reports on the trend and warns of "dangerous occult links and the dark side to 'witch-power'."

It attributes some of the interest to the popularity of television programs like Buffy the Vampire Slayer, Sabrina the Teenage Witch and books like the Harry Potter series, which "encourage an interest in magic as harmless fun."

"However, for some young people it could fuel a fascination that leads to dangerous dabbling with occult powers," warned Youthwork editor John Buckeridge. "So what starts out as spooks and spells can lead to psychological and spiritual damage."

In response to queries, Pagan Federation spokesman Andy Norfolk said youngsters' questions had become "much more mature" than those of the "how do I cast a spell?" variety, and tended to deal with "the religious aspects of witchcraft."

"We don't get asked how to become a witch, but rather we get asked what a young witch should do," he said."

(CNS News, 25 Augustus 2000).

In Gal. 5:19-21 lees ons dat "towery" een van daardie sondes is wat verseker sal verhoed dat so iemand die koninkryk van God kan ingaan. In die swaar tyd wat kom, lees ons juis dat "towerye" aan die orde van die dag sal wees in die wêreld - Op. 9:21. Ook Op. 22:15 verklaar dat "towenaars" buite sal wees saam met die honde en ander gruwelikes.

 

Die logiese vraag wat by baie bestaan, is natuurlik waarom God dan al hierdie dinge op aarde toelaat. Hoekom bring Hy nie onmiddellik ‘n einde daaraan nie - Hy is dan God. Of is Hy werklik God vra sommige ander selfs. Die antwoord lê bloot daarin dat God volgens sy Woord eers die maat van die sonde in hierdie wêreld laat volloop. Eintlik is Hy baie geduldig met die mensdom en is sy genade onbeskryflik groot. Juis om hierdie probleem vir altyd op te los het Christus vir ons gesterf. Dit is egter die tydsfaktor wat baie verwar, maar daarvoor het ons die Bybel. Die feit is dat hierdie wêreld tot ‘n einde gebring moet word, sodat ‘n veel heerliker nuwe bedeling hierna kan volg - vry van al hierdie bg. kwessies.